FoodState die resultaat van twee Nobelpryswenners se werk

Die Hongaarse wetenskaplike Albert Szent György, wat aan die begin van die 20ste eeu daarin geslaag het om ’n kunsmatige chemies-geïsoleerde vorm van Vitamien C, genaamd askorbiensuur, te onttrek aan plante wat ryk was aan vitamien C het gevind dat as hy die gekonsentreerde askorbiensuur aan skeurbuikpasiënte gegee het hulle toestand drasties verbeter het.

Hy het later in 1937 die Nobelprys vir chemie vir dié werk gekry, maar toe al gewaarsku dat daar nog heelwat werk en navorsing voorgelê het, want sy bevindinge was dat hoe meer die askorbiensuur gesuiwer word van ander bestanddele wat daarmee saam in die plant voorgekom het, hoe minder effektief het dit geword as behandeling vir skeurbuik.

In 1955, kort voor sy dood, het hy inderdaad ontdek dat daar ’n groep natuurlike bestanddele is wat saam met Vitamien C natuurlik voorkom en wat die opname van Vitamien C geweldig verhoog. Hy het dié groep bestanddele Vitamien P genoem, wat vandag algemeen as Bioflavonoïedes bekend staan.

Dit was juis sy assistent, Andrew Szalay, wat later in Amerika dié navorsing voortgesit het, en jare later met die FoodState-formule vorendag gekom het nadat nog ’n Nobelpryswenner, Gunther Blobel, die Nobelprys in 1999 ontvang het vir nog ’n deurbraak wat as’t ware die “FoodState-legkaart” voltooi het.

Dié deurbraak was die ontdekking dat voedingstowwe soos minerale en vitamiene in hulle natuurlike staat elkeen ’n eie proteïen-draer het wat die mineraal of vitamien na die plek in die liggaam neem waar dit nodig is.

Met die werk van Gunther Blobel is die legkaart uiteindelik voltooi en kon Andrew Szalay gewapen met die wetenskaplike ontdekkings daarin slaag om die FoodState-tegnologie te ontwikkel.

Die nuwe generasie aanvullings verskil gevolglik wesenlik van die ou tradisionele chemies-geïsoleerde tipe aanvullings wat vandag nog steeds die enigste ander tegnolgie is waarvolgens die standaard aanvullings vervaardig word.

Om die verskil tussen die nuwe en die ou tegnolgie met ’n eenvoudige beeld te probeer verduidlik, kan ‘n mens sê die nuwe FoodState- of Food Matrix-tegnologie soos dit ook genoem word, is soos briewe in ’n vol possak waar elke brief ’n spesifieke naam, adres en poskode het.

Die ou tradisionele chemies geïsoleerde aanvullings daarenteen kan vergelyk word met briewe in ’n vol possak, maar daar is geen name, adresse of poskodes op die koerverte nie.

Baie vervaardigers besef deesdae ook dat die chemies geïsoleerde aanvullings nie doeltreffend is nie, en omdat hulle nie toegang het tot die FoodState-tegnologie nie, meng hulle doodgewoon hulle vitamine en minerale met ’n paar ko-faktore wat hopelik sal help om absorpsie te verbeter.

Maar dis weer soos ’n possak vol ongeadresseerde briewe gemeng met ’n klomp koeverte waarop die adresse verskyn, maar daar is geen manier om ’n bepaalde brief met ’n bepaalde koevert te verbind nie.

Die FoodState-tegnologie verbind die proteïen-draer  (die korrek geadresseerde koevert) en die vitamien of mineraal (die brief) op ’n organiese molekulêre wyse vir doeltreffende aflewering en benutting.

Die man wat die verskil die beste kon verduidelik, is Dr Tomlinson. In die volgende video praat hy voor ’n gehoor in Amerika.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s