Voordele

Inleiding

Die korterige artikels in dié afdeling is ’n reeks wat verkieslik in chronologiese volgorde gelees moet word.

Dis ’n reeks oor verskeie onderwerpe wat vir eers fokus op die lang lys voordele wat ’n unieke besigheidskonsep vir gewone werkende mense moontlik maak – selfs mense wat in ’n voltydse werk is … veral mense wat in ’n voltydse werk is. 

Daar is ook hier en daar insiggewende kort videos, onder andere een van Robert Kiyosaki, die bekende skrywer van die “Rich Dad Poor Dad” boeke. Dis ’n video wat ’n dramatiese impak op my gehad het en ek glo as jy dit nog nie gesien het nie, kan dit dalk net so ’n invloed op jou lewensuitkyk hê. 

Die artikels in die reeks is spesifiek gemik op mense wat vir geld of ’n salaris werk. 

Die besigheidskonsep waarna hierbo verwys is, is al op baie maniere beskryf. 

Robert Kiyosaki  noem dit die “business of the 21st century” omdat dit ’n  “people’s business” is wat gelyke geleenthede bied aan almal. 

Om dié rede noem ander voorstanders van die konsep dit die mees etiese besigheidsmodel wat daar is, terwyl geharde en uiters suksesvolle sakemanne soos Warren Buffet en Donald Trump self die besigheidkonsep begin gebruik het. 

Die artikels word deur wagwoorde beskerm. As jy nog nie jou eerste wagwoord ontvang het nie stuur asseblief  ‘n e-pos na antok@axxess.co.za.

 ___________________________________________

1.  Die brug na voorspoed

Dié artikel gee onder andere ‘n paar leidrade oor waarna ‘n mens behoort te kyk voor jy op ‘n spesifieke besigheid of produk of marksegment besluit. Dit verskaf ook die wagwoord vir die volgende artikel.   

  2.   Meer as 24 uur per dag !

Daar is natuurlik nie so iets nie … tensy jy die strategie ken om dit moontlik te maak!    Meer as 24 ure word elke dag oral om ons geskep. Dalk doen ons dit self, of dalk is dit juis ons wat dit vir iemand anders help skep, selfs sonder dat ons daarvan bewus is.

  3.   ‘n Gelyke kans 

In “normale” besigheidstrukture is daar werkgewers en werknemers wat ‘n ongelykheid skep wat beslis nie ideaal is nie. Daarenteen staan nuwer denkrigtings vennootskappe voor as ‘n baie meer regverdige stelsel. 

4.  Die groot verskil

Die artikel bevat onder andere die video wat my soos ‘n emmer koue water getref het en my lewe en denke totaal verander het. Dit verskaf ook ‘n duidelike uiteensetting van die verskillende besigheidstrukture waaruit ‘n mens kan kies.

5.   Die mees etiese opsie

Vind uit hoekom al hoe meer mense praat van die mees etiese opsie in besigheid. Die rede hiervoor is dat jy met dié spesifieke opsie as ’n potensiële besigheidseienaar nie mense in diens gaan neem as werknemers nie. Jy gaan aan hulle ’n gelyke geleentheid in vennootskap aanbied in ’n besigheid wat reeds bestaan. Hulle moet net inkom en begin doen wat jy doen. 

6.   Hoe jy jou vennoot kies

 As jy ’n paar jaar van nou af in ’n posisie wil wees om gemaklik te kan aftree, is die keuse van ’n vennoot in besigheid van kardinale belang en daar is ’n hele paar aspekte wat jy behoort te oorweeg voor jy jou besluit neem.

7.   Tree gemaklik vroeg af

Enige iemand wat deesdae net op spaargeld en ’n pensioenfonds staat maak na aftrede beweeg op baie dun ys. Sogenaamde “raadgewers” wat nog hierdie soort raad uitdeel, mislei die publiek heeltemal. Al wat dié “raadgewers” doen, is om gewone oningeligte mense aan te moedig om die verantwoordelikheid vir hulle eie finansiële toekoms aan hulle, die “raadgewers”, oor te dra. Daar is net een manier om die verantwoordelikheid self te dra en te sorg jy kan bekostig om vroeg af te tree.

8.   Onsigbare honger

As ‘n mens kyk na vandag se vol hospitale en mediese spreekkamers wat ’n eeu gelede nog so skaars soos hoendertande was, moet dit duidelik wees dat mense oor die algemeen vandag heelwat minder gesond is as 100 jaar gelede. Die toename in sterftes as gevolg van kanker, hartkwale, diabetis en ander lewenstylsiektes is basies buite beheer.  Hoekom, en wat is die oplossing? 

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s