Voorkoming van Hartsiektes

Hartsiektes – Voorkoming beter as Genesing 

In Julie 2010 het ek die voorreg gehad om te luister na praatjie deur dr Alan Tomlinson, in daardie stadium reeds oor die wêreld heen bekend en gerespekteer as ‘n deskundige op die gebied van voeding en gesondheid. 

Die geleentheid was ‘n lewenstylseminaar waarin hy gepraat het  oor hoe eenvoudig dit deesdae is vir elke persoon om te sorg dat hy of sy doen wat gedoen moet word om hartkwale te voorkom.

Die feit dat baie van ons deesdae vatbaar is vir allerhande hart- of kardiovaskulêre siektes is volgens hom die gevolg van lewenstylfaktore saam met kroniese tekorte aan sekere essensiële voedingstowwe soos Vitamien C en Omega 3 vetsure.

Dis eintlik dié twee beskeie voedingstowwe wat, ’n mens kan amper sê, soos ‘towerformules’  binne-in ons liggame stilletjies aan die werk is om te verseker dat ons bloedsirkulasiestelsel gesond bly tot op ’n rype ouderdom – AS die twee voedingstowwe altwee in groot genoeg hoeveelhede en in die regte formaat beskikbaar is in ons liggame.

Die twee bestanddele is Vitamien C, wat in vars geplukte vrugte en groente aangetref word, en Omega 3 essensiële vetsure wat ’n mens kry in olieryke vis soos makriel, sardientjies en salmvis.

Dit was ‘n hoogs-wetenskaplike, maar terselfdertyd vermaaklike uiteensetting waarin hy verduidelik het hoe dié twee voedingstowwe op ’n wonderlike manier apart van mekaar in ons liggame werk, maar terselfdertyd ook saam verantwoordelik is vir ’n delikate balanseertoertjie om dinge in ons bloedvate normaal en gesond te hou.

Vitamien C

Dr Tomlinson het verduidelik hoe matrose in die ou dae ’n siekte met die naam skeurbuik ontwikkel het terwyl hulle op ’n bootreis was en soms maande lank sonder vars vrugte en groente moes klaarkom. Skeurbuik is ’n siekte wat veroorsaak dat die pasiënt inwendig aan die bloei gaan wanneer bloedvate letsels begin opdoen en selfs barsies kry.

Destyds is gevind dat as die pasiënte ’n kunsmatige chemies-geïsoleerde vorm van Vitamien C, genaamd askorbiensuur, inkry dit hulle toestand verbeter het. En so het askorbiensuur bekend geword as ’n kuur vir skeurbuik.

(Dis nogal interessant dat Engels twee name het vir die siekte: “scurvy” en “scorbutus”. Dit laat mens wonder of die laaste naam dalk afgelei is van die enigste middel wat destyds gehelp het: “ascorbic acid” in Engels. Dalk is die Afrikaanse naam “skeurbuik” ook ’n verwringing van “scorbutus”.)

Die moderne wetenskap het nou vasgestel dat in normale, redelik gesonde mense ’n tekort aan genoeg daaglikse hoeveelhede Vitamien C ook, soos in die geval van die matrose van ouds, klein lekasies in die bloedvatwande kan veroorsaak.

Omdat die meeste mense darem hier en daar ’n vrug of ’n stukkie groente inkry is die proses stadig genoeg om die liggaam ’n kans te gee om ’n bietjie herstelwerk binne in die are te doen.

Dis wanneer Omega 3 en ’n ander uiters belangrike bestanddeel, kolesterol, ’n rol begin speel.

Heel aan die begin, wanneer die klein letsels teen die aarwande begin verskyn, reageer die liggaam deur kolesterol na die krisisareas toe te stuur om die “lekke” as’t ware te gaan lap.

________________________________________________

Hoe die klein letseltjies teen aarwande “toegesmeer” word

________________________________________________

En so kry die bloedvatwande mettertyd ’n laag kolesterol.

Dis dié kolesterol-afsettings wat later allerhande bloedsomloop-probleme, hoë bloeddruk en hartsiektes veroorsaak.

 So, die regte soort Vitamien C lyk na ’n uiters belangrike aanvulling as ’n mens vroegtydig wil voorsorg tref om bogenoemde komplikasies later in jou lewe te voorkom.

’n Voetnoot oor Kolesterol

Die lewer maak al die kolesterol wat jou liggaam nodig het. So, as jy nou boonop nog heelwat vetterige kos ook eet, baie vleis byvoorbeeld, wat ’n groot hoeveelheid kolesterol bevat, kan jy jou bloedkolesterol verhoog tot ver bokant die normale vlakke wat nodig is vir die daaglikse funksionering van jou liggaam.

Dit is dié ekstra kolesterol wat die groot probleem is.

Maar het jy geweet dat daar twee soorte kolesterol in jou liggaam is: “goeie” kolesterol (HDL) waarvan jy in werklikheid genoeg in jou bloed moet hê om gesond te bly, want dit verwyder eintlik die “slegte” kolesterol (LDL) uit jou are?

Kolesterolmolekules (geheg aan proteïne) word deur die bloed vervoer. Dié kolesterol-proteïnepakkies word genoem lipoproteïne. En dié kombinasies kan hoë of lae digtheidkombinasies wees afhangend van hoeveel vet en proteïne hulle bevat. En dit is hoe “goeie” (hoë digtheid HDL) van slegte (lae digtheid LDL) kolesterol onderskei word.

Dit beteken dat ’n “oorlogsverklaring” teen alle kolesterol in jou liggaam eintlik gevaarlik kan wees.

Omega 3

Gelukkig is daar hulp in dié verband. Dit staan bekend as “essensiële vetsure”. Dié bestanddele word “essensieel” genoem omdat die menslike liggaam nie dié vetsure kan maak nie. Dit moet kom van die kos wat jy eet.

Dié vetsure is noodsaaklik om onder andere in die liggaam die koers waarteen bloed stol te reguleer en om inflammasie hok te slaan; en dit help ook om die bloedvatwande skoon te hou van kolesterolaanpaksels.

Omdat jou liggaam nie hierdie vetsure kan vervaardig nie, moet hulle deur die kos wat jy eet ingeneem word of deur voedselaanvulling.

So vir die Omega 6 vetsure moet jou dieet groot hoeveelhede  groentesoorte bevat

Vir die Omega 3 vetsure sal jy genoeg van die olieryke visse soos makriel, sardyntjies of salmvis (“salmon”) moet eet.

Maar om jou daaglikse voorraad Omega 3 op dié manier in te kry is effens problematies, om twee redes: die meeste van ons eet selde indien ooit 3 tot 4 keer ’n week van dié olieryke vissoorte, en tydens die verteringsproses moet die vetsure deur ’n uitgerekte en moeilike transformasieproses gaan waarby verskeie ensiemes betrokke moet wees.

Die proses word verder bemoeilik deur faktore soos hoë bloedsuikervlakke, en ’n dieet wat versadigde vette bevat.

So die meeste van ons het ten slotte nie genoeg van die “getransformeerde” vetsure in ons liggame nie, en dit tesame met ’n tekort aan Vitamien C voorspel hartmoeilikheid.

Die volle artikel met aanbevelings van wat elkeen van ons kan doen om die nodige voedingstowwe in die regte formaat in die hande te kry is elders op die webblad gratis beskikbaar vir intekenaars.

Terloops, die “regte formaat” waarin die voedingstowwe moet wees om die gewenste uitwerking te hê, word in die kort video hieronder deur dr Tomlinson self verduidelik.

Aan die einde van ’n ander artikel “Bly langer jonk en vol energie” elders op dié webblad sal jy ’n baie meer uitgebreide uiteensetting kry van die wetenskap betrokke by dié moderne tegnologie.

As jy ’n lewenstyl het wat jou kwesbaar maak, of ‘n familiegeskiedenis van hartsiektes, is dit dalk die moeite werd om op te let wat jou liggaam vir jou probeer vertel met “simptome” (ongemaklikhede, selfs pyne, oorgewig, of kortasem, of gerek aan energie, selfs sognaamde allergieë) wat ons eenvoudig ignoreer en beskou as iets van verbygaande aard – totdat dit in iets ernstigs ontaard wat nie meer net met aanvullings genees kan word nie. 

Klik hier  om op die internet ’n vinnige gratis toets te doen wat jou kan help om te kyk of jy nie dalk self sekere simptome ignoreer nie.

Lees ook:

Die artikel bevat behalwe ‘n beskrywing van wat nodig is om die verouderingsproses teen te werk en langer jonk en veral gesond te bly, ook ontstellende inligting oor waarom terminale lewenstylsiektes soos kanker en hartsiektes die afgelope 100 jaar so dramaties toegeneem het.

Mediese dienste en medisyne het vir baie mense op aarde onbekombaar duur geword. In die VSA is een van die grootste oorsake van bankrotskappe die prys van chroniese mediese sorg. Daar is ’n alternatief. En jy kan in beheer wees van die prys wat jy daarvoor betaal – mits jy bereid is om verantwoordelikheid vir jou eie gesondheid te neem.  

Vind hier uit hoe jy gehelp kan word om om die geld terug te kry wat jy aan jou eie voorkomende gesondheidsprodukte bestee.

Jy kan jouself in die voet skiet deur “goedkoop” aanvullings op die gewone manier koop en oor ’n klompie jare derduisende rande te betaal vir jou voorkomende gesondheidsorg, òf jy kan kwaliteit koop deur ’n betroubare en gevestigde netwerkbemarkingstelsel, en al daardie duisende rande spaar en in die proses die heel beste voorkomende gesondheidsorg kry wat geld kan koop.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s