Selfs beter as spotgoedkoop!

Die meeste mense wat as Sportronvennote registreer, doen dit net om die 23% afslag op hulle kwaliteit gesondheidsprodukte te kry. En dié afslag is ’n uitstekende rede om die bietjie moeite te doen en te registreer.

Baie van dié “produkvennote” ervaar kort voor lank soveel gesondheidsvoordele dat hulle begin doen wat natuurlik kom vir ons almal: hulle begin praat daaroor. Wanneer ’n mens uitvind iemand anders het dieselfde gesondheidsprobleme waarmee jy voorheen gesit het, raak dit maklik en natuurlik om daaroor te praat met ander mense wat dieselfde gesondheidsvoordele wil geniet.

Die vreemde ding is dat ons dikwels stilbly. Ons praat nie oor ons ervaring wat dalk iemand anders kan help nie. Dis vreemd want die meeste van ons gee om vir ander mense en ons almal het ’n behoefte om te help waar ons kan.

Maar dalk is die werklike rede nie dat ons nie omgee nie, of dat ons nie ons goeie ervaring met ander wil deel nie. Die ware rede kan heel eenvoudig wees. Ons is dalk bang die ander persoon vra ons hulp en ons weet dan nie hoe om dit te gee nie.

Die oplossing kan doodeenvoudig wees. Jy kry iemand anders om die persoon te kontak!

Die persoon wat jou geregistreer het, sal baie dankbaar en gretig wees om te help – en jy sal in die proses kwalifiseer vir selfs ’n groter “afslag” !

En al wat jy gedoen het, was om van jou eie ervaring te vertel, en meer uit dankbaarheid as enige iets anders, die persoon wat jou lewe help verander het te help om dieselfde te doen vir iemand anders.

As jy eers dié soort ervaring gehad het om byna moeiteloos iemand anders se lewenskwaliteit te help verbeter – en in die proses self voordeel te trek – sal jy dalk wil uitvind hoe jy selfs groter voordeel kan trek, en hoe jy die produkte wat jy self wil gebruik op selfs ’n meer koste-effektiewe manier in die hande kan kry.

Hier onder is ’n kort uiteensetting van die verskillende manier waarop jy dit kan doen.

1.   Die eerste manier is om net ’n produkgebruiker te wees en verder niks hoef te doen nie. Jy wil net jou 23% afslag kry. Dis heeltemal aanvaarbaar so. Al wat jy moet doen is om as ‘n geeelde gebruiker te registreer.

2.   Maar daar is ook, wat ’n mens kan noem, n ekstra terugbetalingsopsie vir mense wat so tevrede is met die produkte dat hulle soms vir hulle vriende daarvan sal vertel, veral as dit iemand is wat hulp soek. (Dis byna soos om wanneer jy lekker kuier vir mense te vertel van ’n fantastiese fliek wat jy gesien het.) En dis waarvoor Sportron jou as’t ware ’n ekstra terugbetaling op jou produkte sal gee. Al wat jy hiervoor moet doen, is om ’n ontmoeting te reël tussen die persoon wat jou geregistreer het en dié vriend of familielid wat meer inligting soek. Jy hoef verder niks te doen nie (behalwe om jou eie produkte elke maand te koop). As die persoon dan registreer vir sy/haar 23% afslag behoort jy tussen R60 en R100 vergoeding te kry by Sportron vir die feit dat jy bereid was om jou ervaring met iemand anders te deel en die persoon te help om dielfde voordeel te geniet.

3.   Maar Sportron betaal jou ook daarna ’n klein bedraggie (so tussen R5 en R15) elke keer wanneer die persoon wat jy verwys het weer sy of haar produkte koop – sonder dat jy ooit weer iets hoef te gedoen het.   Vind uit by die persoon wat jou help registreer het hoe dit werk en hoe dit moontlik is, en hoe die “klein bedraggie” ’n aansienlike bedrag kan word wat die koste van al jou produkte dek, en selfs vir deur-tot-deur-koerieraflewering kan betaal. Maar dit is net moontlik as jy bereid is om van jou ervaring te vertel en, natuurlik, as jy elke maand jou eie produkte koop.

4.   En dan is daar natuurlik die vierde opsie om ook die produkte te gebruik, maar terselfdertyd ’n besigheid te bou. Dié besigheidsbouers verkoop eintlik nooit enige produkte nie. Hulle doel is om mense te vind wat, soos hulleself, ook ’n eie besigheid en ’n groeiende passiewe inkomste wil bou.

Lees ook:

Jy kan jouself in die voet skiet deur “goedkoop” aanvullings op die gewone manier koop en oor ’n klompie jare derduisende rande te betaal vir jou voorkomende gesondheidsorg, òf jy kan kwaliteit koop deur ’n betroubare en gevestigde netwerkbemarkingstelsel, en al daardie duisende rande spaar en in die proses die heel beste voorkomende gesondheidsorg kry wat geld kan koop.

Die artikel bevat behalwe ‘n beskrywing van wat nodig is om die verouderingsproses teen te werk en langer jonk en veral gesond te bly, ook ontstellende inligting oor waarom terminale lewenstylsiektes soos kanker en hartsiektes die afgelope 100 jaar so dramaties toegeneem het.

Mediese dienste en medisyne het vir baie mense op aarde onbekombaar duur geword. In die VSA is een van die grootste oorsake van bankrotskappe die prys van chroniese mediese sorg. Daar is ’n alternatief. En jy kan in beheer wees van die prys wat jy daarvoor betaal – mits jy bereid is om verantwoordelikheid vir jou eie gesondheid te neem.

Dis een van die verstommendste verskynsels dat terwyl die mees moderne en effektiewe tegnologie bestaan om terminale siektes soos hartsiektes te voorkom, so baie mense net nie die moeite doen om meer uit te vind en vroegtydig iets voorkomends te begin doen nie. Om dié artikel te lees, is ‘n goeie eerste stap. 

 

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s