Bly langer jonk en vol energie

Die resep vir langdurige jeug 

________________________________________________

Voor ons by die resep vir langdurige jeug kom, hier is eers ’n paar ontstellende feite en syfers wat ’n heel nuwe betekenis gee aan die idee om langer jonk te bly.

 ________________________________________________

Twee baie belangrike vrae

Hoekom is die kanse dat ’n mens terminale siektes soos kanker en hartsiektes kan opdoen vandag soveel groter as wat dit ’n eeu gelede was? En wat kan elkeen van ons voorkomend doen?

Volgens ’n Amerikaanse studie wat ’n paar jaar gelede in “USA TODAY” gepubliseer is, was die hoofoorsake van sterftes in 1900 longontsteking (11.7%), tering (11.3%) en ingewandsonsteking (8.3%). Hartsiektes was vir net 8% van sterftes verantwoordelik en kanker vir net 3.7%.

In 1994 was die prentjie dramaties anders. Die siektes wat in 1900 die meeste sterftes veroorsaak het, was glad nie meer ’n faktor nie. Maar die sterftes as gevolg van kanker (23.5%) en hartsiektes(32.1%) het die hoogte ingeskiet en was in 1994 gesamentlik verantwoordelik vir 55% van alle sterfgevalle in die VSA.

Dit lyk vandag of die mediese wetenskap geen werklike antwoord het nie, behalwe om die siektes te bestuur en in toom te hou sodat die slagoffers ’n rukkie langer saam met die siekte kan bly lewe.

Omdat hierdie siektes meestal lewenstylsiektes is, kan elkeen van ons verantwoordelikheid neem om hierdie tragiese gevolge te voorkom. Ons kan, byvoorbeeld, gereeld oefen. Maar die hoofoorsake van hierdie twee siektetoestande (en ’n hele paar ander soos beroerte, artritis, diabetis, osteoporose, ensovoorts) is volgens al hoe meer wetenskaplike studies klaarblyklik in die kos wat ons eet … of dalk nie eet nie.

Die inligting in die res van hierdie artikel kan jou help om beter te verstaan wat jy voorkomend kan doen om die kanse dramaties te verminder dat jy dié siektes later in jou lewe sal opdoen.  

’n Goeie begin kan wees om te leer “luister” na wat jou liggaam vir jou probeer sê. Enige ongewone “simptome” (ongemaklikhede, selfs pyne, oorgewig, of kortasem, of gerek aan energie, selfs sognaamde allergieë en baie ander) kan  “stemme” wees, tekens wat jy liewer nie moet ignoreer nie. 

Klik hier om op die internet ’n vinnige gratis analise te doen wat jou kan help om te kyk of jy nie dalk self sekere simptome ignoreer nie.

________________________________________________

“Nothing can keep you from growing old

but you can do something to put the process on hold”

________________________________________________

Vertraag die proses en bly gesond

Om te verstaan wat dié “something” is wat jy kan doen om die verouderings-proses te vertraag, moet jy so ’n bietjie agtergrond hê oor die “boumateriaal” wat jou liggaam elke dag nodig het.

Elke orgaan in ons liggame, elke been, elke stukkie weefsel, elke druppel bloed bestaan uit selle wat aanhoudend doodgaan en vervang moet word met nuwe selle.

Ons is natuurlik nie bewus van die konstruksiewerk wat voortdurend aan die gang is nie, maar het jy geweet jou liggaam vervaardig elke dag nagenoeg 200 biljoen rooibloedselle?

Teen dié koers vervang jy al die bloed in jou liggaam elke 4 maande!

Het jy geweet dat jou vel elke 60 tot 90 dae heeltemal vervang word met nuwe vel? En in dieselfde tyd word ou been in jou liggaam afgebreek en vervang met nuwe been!

Die materiaal wat vir al die konstruksiewerk nodig is, bestaan uit proteïen, vitamiene en minerale.

Materiaaltekort sal dié produksielyn tot stilstand bring

Dit is die boumateriaal wat jy nodig het om die selvervaardigings-proses aan die gang te hou. Dis soos ’n 24/7 produksielyn wat nooit tot stilstand kan kom nie.

Wanneer daar nie genoeg materiaal beskikbaar is om die produksie-proses glad te laat verloop nie, word minder selle vervaardig en so ontstaan ’n agterstand.

Een van die vanselfsprekende tekens van so ’n agterstand is vroeë plooie – tekens dat jy vinniger ouer word as wat jy behoort.

Maar veroudering het self ook ’n uitwerking: dit vertraag die vervaardigingsproses en maak dit minder effektief, en so raak die agterstand al groter.

Die Roesfaktor – vrye radikale

Daar is ook ’n 3de faktor wat nie soseer die doeltreffendheid van die selvervaardiging beïnvloed nie, maar eerder die kwaliteit en lewensduur van die selle wat vervaardig word.

Stel jou voor dis jou elmboog!

Dit word veroorsaak deur “vrye radikale”, eintlik roof-molekules wat selle aanval. En jy kan nie dié rowers ontsnap nie. Hulle is letterlik orals – selfs in die lug wat jy inasem.

Die effek wat dié aanval op jou liggaamselle het, kan vergelyk word met ’n stuk yster wat aan die elemente blootgestel is en roes, met ander woorde: oksideer, tensy jy dit ’n lagie verf gee, iets wat die oksidasie-proses keer.

Om dus jou liggaamselle te beskerm teen dié oksidasie-proses het jy baie anti-oksidante in jou dieet nodig – en dié het ons vroeërjare normaalweg ingekry deur vars gekweekte groente en vrugte te eet.

Klik hier om meer te lees oor die kragtigste anti-oksidant wat jy vir jou liggaam kan gee.

Die Kosfaktor

Wat ons dus nodig het om elke dag ’n konstante voorraad nuwe, gesonde, sterk  liggaamselle te hê om die plek van ou, dooie selle in te neem, is nie net vitamiene, minerale en proteïene nie, maar ook anti-oksodante.

Al dié “boumateriaal” kan ons normaalweg genoeg van kry in die kos wat ons elke dag eet.

Ongelukkig is daar ’n hele rits redes waarom die kos wat ons eet nie meer die regte kwaliteit “boumateriaal” verskaf nie. En dit ontwrig die selproduksie in ons liggame ernstig.

Chemiese behandeling om op te maak vir grondarmoede

Een van die belangrikste redes hiervoor is dat die landbougrond waarin ons kos massa-geproduseer word, lank reeds uitgeput is en jaarliks met tonne chemies bemestingstowwe behandel moet word om groente en vrugte te kweek wat mooi lyk maar arm is aan die belangrike organiese voedingstowwe wat ons so nodig het.

Dan word die vrugte of groente voor dit ryp is, geoes sodat dit mooi en vars kan lyk wanneer dit op die winkelrakke verskyn. In dié soms wekelange proses gaan baie van die voedingswaarde wat daar was tot niet nog voor ons die kos koop.

Deel van dié proses is verkoeling, kunsmatige rypmaak, preservering en uiteindelik die finale nekslag wanneer die kos gekook en voorberei word.

____________________________________

Klik hier om meer te lees oor hoe al dié faktore die voedingswaarde van die kos wat ons eet so te sê heeltemal vernietig, of gaan na: http://www.wellness.ma/diet/why-supplement.htm. Dié webblad noem al die faktore wat die kwaliteit van ons kos beïnvloed en skets ’n nogal donker prentjie van die impak wat dit op ons gesondheid het – om nie eers van die mediese onkoste te praat nie:  

“Economists estimate that by increasing our intake of vitamins and minerals, we would reduce health care costs by 25% for cardiovascular disease, 16-30% for a variety of cancers, and 50% for cataracts. The simplest and most effective way to increase nutrient intake and reduce health care costs is through supplementation. This fact is strongly supported by scientific research studies.”

Die skrywer se slotsom is:

“Once you examine the facts, the question is no longer “why supplement?” but rather “why wouldn’t you supplement?” Whether you need to correct a deficiency, want to improve your health and nutritional status, want to make up for poor diet and a stressful lifestyle, or you want to reduce your risk of disease, supplementation is crucial. Nutritional supplementation can provide nutrient enrichment, improve digestion and help with detoxification. People feel healthier and more energetic when they take supplements. Supplements can help increase overall fitness and well-being, improve the quality of your life, protect against premature aging and support the immune system. If you care about your health, the choice is clear – supplementation is essential!

________________________________

Die Aanvullingsfaktor in veroudering

Om dus langer jonk te bly moet jy sorg dat die selle van jou liggaam beskerm word en dat die selvervaardigingsproses sonder vertragings vlot verloop.

Met al die faktore hierbo genoem, kan ons dus nie meer net staatmaak op die gewone kos wat ons elke dag eet nie. Voedselaanvulling is nie ’n luukse nie. Dit het eintlik lewensnoodsaaklik geword om die produksie van gesonde sterk liggaamselle aan die gang te hou.

Begin vroeg met aanvullings, bly gesond, en verouder mooi en waardig

As jy nie vroeg reeds die regte aanvullings neem nie, SAL jy vroeg begin verouder.

’n Belangrike gevolg van dié verouderingsproses sal vatbaarheid vir siektes wees.

As jy eers in dié afwaartse spiraal is, is dit so te sê onmoontlik om die proses om te keer – tensy jy iets doen in verband met die tekorte aan geskikte boumateriaal vir jou liggaam se sel-produksielyn.

Die Kostefaktor

Hierdie webblad gaan oor ’n manier, ’n strategie om die nodige “boumateriaal” vir jouself in die hande te kry.  En meer nog, om dit goedkoper en selfs verniet te kry – en in die proses selfs ekstra geld. Klik hier om meer te lees oor al die opsies wat jy het.

Jy kan inderwaarheid selfs ‘n ekstra inkomste skep terwyl jy dit vir jouself moontlik maak om langer jonk te bly – en ten slotte die ekstra geld in goeie gesondheid te geniet.

En as jy in die proses toegang kan kry tot die doeltreffendste voedselaanvullers wat nog ooit geproduseer is – FoodState-aanvullers – het jy ’n wensituasie soos min!

Hier is ‘n gratis video waarin ‘n internasionaal gerespekteerde deskundige op die gebied van voeding en gesondheid, Dr Alan Tomlinson, die FoodState-konsep aan ’n Amerikaanse gehoor verduidelik:

As jy liewer ’n breedvoerige artikel wil lees oor aanvullings in voedselvorm (met ander woorde in die “Food Matrix” of “FoodState” vorm) klik hier.

Om ’n uitstekende artikel te lees oor die onderwerp van voeding en selbeskerming en die belangrike rol wat anti-oksidante in ons liggame speel om die skadelike uitwerking van vrye radikale molekules teen te werk, klik hier. Dis ook ‘n webblad waar jy spesifieke aanbevelings kan kry.

In ‘n ander artikel “Voorkoming van hartsiektes”   is daar inligting wat veral belangrik is vir mense wat ‘n familiegeskiedenis van hartsiektes het, of wat die soort lewenstyl het wat ‘n mens ‘n kandidaat maak vir dié soort kwaal. Klik hier om dié artikel te lees.

Lees ook:

Mediese dienste en medisyne het vir baie mense op aarde onbekombaar duur geword. In die VSA is een van die grootste oorsake van bankrotskappe die prys van chroniese mediese sorg. Daar is ’n alternatief. En jy kan in beheer wees van die prys wat jy daarvoor betaal – mits jy bereid is om verantwoordelikheid vir jou eie gesondheid te neem.  

Vind hier uit hoe jy gehelp kan word om om die geld terug te kry wat jy aan jou eie voorkomende gesondheidsprodukte bestee.

Dis een van die verstommendste verskynsels dat terwyl die mees moderne en effektiewe tegnologie bestaan om terminale siektes soos hartsiektes te voorkom, so baie mense net nie die moeite doen om meer uit te vind en vroegtydig iets voorkomends te begin doen nie. Om dié artikel te lees, is ‘n goeie eerste stap. 

_______________________________________________

Vir meer inligting kontak Okkie Venter

E-pos: antok@axxess.co.za

Selfoon: 27 (0)83 289 2839

_______________________________________________

As jy kommentaar wil lewer of ’n gedagte of twee wil byvoeg wat ander lesers kan help, of wat ’n bespreking tot gevolg kan hê, doen dit gerus hier onder by “Leave a reply”.

_______________________________________________

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s