Lewenstyl

Die artikels in dié afdeling bevat inligting oor, onder ander, die dinge wat jy met goeie gesondheid en die nodige inkomste in styl sal kan geniet, dinge soos gereelde jaarlikse gratis vakansies in Suid-Afrika en oorsee.

Maar dit bevat ook inligting oor hoe jy dié dinge in styl kan geniet deur, byvoorbeeld, die gesonde liggaam te hê om die lewe in styl te geniet.

Elkeen van ons kan verantwoordelikheid neem vir ons eie gesondheid deur voorkomend te sorg dat ons liggame die nodige voedingstowwe kry. As jy dit nie doen nie, beteken dit eenvoudig dat jy die verantwoordelikheid vir jou gesondheid in die hande van die mediese bedryf laat – ’n baie duur opsie, wat meestal eers uitgeoefen word as dit te laat is.

Hier is in dié afdeling dus uittreksels uit artikels oor wat veral vandag nodig is om self te sorg dat jy gesond bly sodat jy met grasie en in goeie gesondheid kan ouer word.

Die beleid van voorkoming sal ook sorg dat jy, terwyl jy nog jonk is, die nodige vitaliteit en energie sal hê om die lewe te geniet en die effek van die gejaagde en stresvolle moderne lewe teen te werk.

Die volle artikels is elders op dié webblad beskikbaar vir intekenaars.

Om in te teken is heeltemal gratis. Dis ook maklik en vinnig. Klik net hier bo regs op die “Subscribe Now” blokkie en kry binne minute al die wagwoorde.

Die artikel bevat behalwe ‘n beskrywing van wat nodig is om die verouderingsproses teen te werk en langer jonk en veral gesond te bly, ook ontstellende inligting oor waarom terminale lewenstylsiektes soos kanker en hartsiektes die afgelope 100 jaar so dramaties toegeneem het.

Bali is een van die gewildste toeriste-oorde vir avonturiers wat geheimsinnige ou kulture wil ondersoek, of vir mense wat net vir ’n paar dae wil ontspan en bederf word.

Dis een van die verstommendste verskynsels dat terwyl die mees moderne en effektiewe tegnologie bestaan om terminale siektes soos hartsiektes te voorkom, so baie mense net nie die moeite doen om meer uit te vind en vroegtydig iets voorkomends te begin doen nie.  Die soort “volstruistegniek” om te maak of daar nie ‘n probleem bestaan nie, het baie, baie duur gevolge – vermybare gevolge vir diegene wat bereid is om te doen wat gedoen moet word. Om dié artikel te lees is ‘n goeie eerste stap. 

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s