Spysvertering en ons immuniteit

Hoe jou gesondheid en vitaliteit by goeie spysvertering begin

Dis ’n konsep wat vir baie mense nogal vreemd sal klink

Iets wat nog vreemder mag klink, is dat dit jou energievlakke  en jou vitaliteit  is wat heling moontlik maak en jou liggaam in staat stel om positief te reageer.

Jou liggaam is in staat om homself te genees as die regte omstandighede bestaan. En die “regte omstandighede” is balans tuseen al die verskillende, geïntegreerde komponente waaruit ons bestaan.

’n Goeie voorstelling van hierdie geïntegreerde komponente is die sogenaamde “gesondheidswiel” waar “gesondheid” nie net na liggaamlike gesondheid verwys nie.

Dis ’n skematiese voorstelling in die vorm van ’n wiel: die naaf, waaraan baie speke vas is wat weer die velling aan die buitekant stewig in posisie hou. Al hierdie onderdele verteenwoordig ons verskillende komponente, die fisiese, geestelike, emosionele, sosiale en intellektuele komponente.

En vir algehele goeie gesondheid, veral ook fisiese gesondheid, moet al dié verskillende komponente in perfekte balans wees.

’n Mens kan amper sê dat dit ons lewenstaak is om daardie volmaakte balans van al die verskillende komponente reg te kry.

’n Gesonde liggaam is dalk ’n teken dat ons op die regte pad is.

Maar gebrekkige gesondheid is weens die soort kos wat ons deesdae eet, dikwels die speek wat ons gesondheidswiel laat skeef trek. (Klik hier om meer te lees oor dié aspek)

 Hoe fisiese gesondheid by goeie spysvertering begin

Behalwe die regte voeding is ’n gesonde spysverteringstelsel ons enkele grootste bron van fisiese welsyn, eenvoudig omdat nagenoeg 70% van ons immuniteitsfunksies in die spysverteringskanaal gesetel is.

As jou spysverteringstelsel dus nie behoorlik werk nie, en nie behoorlik ontslae raak van afvalstowwe nie, het jou liggaam min kans om suksesvol teen siektes te veg.

G’n wonder allergieë speel so ’n groot rol as vername oorsaak van siektetoestande soos sinusitus, asma, allerhande infeksies en velprobleme nie.

So te sê elke siekte-toestand kan teruggevoer word na ’n gebrekkige immuniteitsisteem wat uiteindelik veroorsaak word deur ’n spysverteringstelsel wat nie behoorlik werk nie.

En so dryf ons weg van ’n natuurlike fisiese toestand van ORDE na een van WANORDE –  dus allerhande SIEKTE-SIMPTOME.

Dan in plaas van die immuunsisteem te versterk deur eers die wanbalans in ons spysverteringstelsel reg te stel, laat ons die simptome behandel met allerhande voorgeskrewe medisyne – chemiese middels wat jou spysvertering geen guns bewys nie.

En so, deur nie die oorsaak van die WANORDE direk aan te spreek nie dryf ons stadig – soms nogal vinnig – in ’n toestand van CHRONIESE SIEKTE in.

Die Rol van Voedselaanvulling

Dis dalk om bogenoemde redes (en om ons te help om die proses van agteruitgang om te keer) dat so ’n hoë persentasie van SPORTRON se gevorderde voedselaanvullers spesifiek geformuleer is om die spysverteringstelsel te versterk.

  • Digestron vir algemene ondersteuning, verskaf ook die noodsaaklike ensieme om te help met die vertering van verskillende kossoorte;
  • Coloplex  as ’n veilige maar kragtige ontgiftiger van die spysverteringskanaal;
  • Aloe Vera Sap, ’n verfrissende, veeldoelige drankie wat die spysvertering ondersteun en meer energie verskaf. (Lees hier meer oor ’n dieet wat jou spysverteringstelsel kan ontgiftig http://ockert.sportron.co.za/main.aspx?ID=934 )
  • Floraplex – waarskynlik die mees effektiewe probiotiese aanvulling op die mark! Dit werk so goed want dit bevat ’n pre-biotiese bestanddeel wat in die dermkanaal  dien as voedsel net vir die probiotiese, “goeie” bakterieë. Die groei van dié “goeie” bakterieë word sodoende geweldig gestimuleer.

(Lees meer oor dié verskillende aanvullings deur op die produkname te klik.)

Maar wat het die alles met meer energie te doen?

Energie begin by die vertering van kos wat die regte voedingstowwe bevat. As jou gewone dieet nie genoeg van die regte voedingstowwe kan verskaf nie, gaan jy geleidelik ’n agterstand opbou wat tot lae energievlakke en later allerhande siektetoestande sal lei.

Dit is eenvoudig so omdat ons gesondheid, ons immuniteit en ons energievlakke so nou verweef is en absoluut afhanklik is van faktore soos die beskikbaarheid van die regte voedingstowwe en ’n gesonde spysverteringstelsel.

(Dié artikel is gebaseer op ’n referaat wat Dr Alan Tomlinson, een van die stigters van Sportron, in 2010 by Sportron se hoofkantoor in Johannesburg gelewer het.)

Lees ook:

Dis een van die verstommendste verskynsels dat terwyl die mees moderne en effektiewe tegnologie bestaan om terminale siektes soos hartsiektes te voorkom, so baie mense net nie die moeite doen om meer uit te vind en vroegtydig iets voorkomends te begin doen nie. Om dié artikel te lees, is ‘n goeie eerste stap. 

Mediese dienste en medisyne het vir baie mense op aarde onbekombaar duur geword. In die VSA is een van die grootste oorsake van bankrotskappe die prys van chroniese mediese sorg. Daar is ’n alternatief. En jy kan in beheer wees van die prys wat jy daarvoor betaal – mits jy bereid is om verantwoordelikheid vir jou eie gesondheid te neem.  

Vind hier uit hoe jy gehelp kan word om om die geld terug te kry wat jy aan jou eie voorkomende gesondheidsprodukte bestee.

Jy kan jouself in die voet skiet deur “goedkoop” aanvullings op die gewone manier koop en oor ’n klompie jare derduisende rande te betaal vir jou voorkomende gesondheidsorg, òf jy kan kwaliteit koop deur ’n betroubare en gevestigde netwerkbemarkingstelsel, en al daardie duisende rande spaar en in die proses die heel beste voorkomende gesondheidsorg kry wat geld kan koop.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s