Hoekom verouder ons en word ons al krankliker?

Vir enige iemand wat ’n lang en gesonde lewe wil geniet, is dit belangrik om uit te vind hoe degeneratiewe siektes ontwikkel.    

Eerstens is die proses gewoonlik onopsigtelik en stadig, oor baie jare, terwyl ons die tekens van geleidelike agteruitgang ignoreer

Die meeste van ons dink ons is heeltemal gesond totdat ’n mediese ondersoek eendag ’n kwaadaardige gewas opspoor, of vasstel dat ons diabeties is, of dat sogenaamde “verkalkte are” ’n dringende hartomlydingsoperasie nodig maak.

Ons word met ’n gesonde liggaam gebore. Maar elke dag wat verbygaan verloor ons iets van daardie gesondheidspotensiaal.

Die feit dat sommige mense daardie potensiaal gouer verloor as ander en dat hulle liggame vinniger agteruitgaan en verouder as ander, word hoofsaaklik beïnvloed deur voedsel- en lewenstylkeuses.

Dis hoekom dit so noodsaaklik is om vroeg genoeg te verstaan hoekom siektes ontwikkel, sodat ons beter keuses kan maak.

Daar is drie hoofredes waarom siektes en agteruitgang op ’n sekere stadium skielik vinniger toeneem:

  • Die eerste rede is skade aan ons liggaamselle deur die swak koskeuses wat ons dag na dag maak. Sommige chemikalië in die hoogsgeprosesseerde kosse wat ons eet kan direkte en indirekte selskade aanrig in ons liggame. Die ergste skuldiges is kosse wat in olie of vet gebraai is (aartappelskyfies, byvoorbeeld), margarien en byvoegsels soos MSG, en hoogsgeprosesseerde vleissoorte soos spek en wors.
  • Die tweede groot rede vir die ontstaan van siektes is die geleidelike opbou van toksiese afval in ons liggaamselle. Eerstens word ons almal daagliks blootgestel aan toksiese stowwe uit ons omgewing – selfs in die lug wat ons inasem, iemand anders se sigaretrook, byvoorbeeld, of lugbesoedeling deur nywerhede in ons omgewing. Klik hier om ’n deeglike verslag te lees oor die mees algemene huishoudelike gifstowwe wat omtrent in elke huishouding aangetref kan word. ’n Verdere bron van toksiese afval is dikwels ons eie ingewande. Dié gifstowwe word gemaak deur mikro-organismes in ons spysverteringskanaal. Hulle kan deur die dermkanaal dring tot in ons bloedstroom van waar hulle uiteindelik ons liggaamselle kan binnedring en allerhande siektes kan veroorsaak. Die beste manier om dié opbou van interne toksienes te voorkom is om hoofsaaklik vars vrugte en groente te eet, en kos wat min of glad nie geprosesseer is nie, en om te sorg dat daar meer “vriendelike bakterië” in jou ingewande is as die “kwaaddoeners”.  Klik hier om meer te lees oor ’n goeie bron van “vriendelike bakterië”.
  • Die derde van die drie redes vir siektes is ’n toestand wat ’n mens as kroniese tekort kan beskryf – langtermyn tekort aan voedingskwaliteit in die kos wat ons eet. ’n Voedingskundige, Dr Ben Kim, verduidelik op sy webblad hoe voedingstekorte siektes en agteruitgang kan versnel. Hy sê, as ons so gesond wil bly as wat moontlik is, moet ons heel eerste sorg dat ons liggaamselle daagliks die nodige energie (kalorieë) kry om die normale metaboliese funksies te kan vervul. Dié kalorieë kry ons liggame deur die verbranding van  een of meer van die volgende “makro-nutriënte”: proteïen, vet, en koolhidraat. Maar terselfdertyd het ons liggaamselle ook ’n voortdurende voorraad “mikro-nutriënte” nodig: vitamiene, minerale en ensieme. En vir optimale gesondheid benodig ons ook nog genoeg water, vesel en “phyto-nutriënte”. Laasgenoemde is organiese komponente van plante wat insluit flavonoïede (volop in sitrusvrugte), karotonoïede (in groente soos wortels en spinasie) en indole (gevind in groente soos brokoli, kool en blomkool). Die probleem is dat bitter min mense ’n gebalanseerde dieet volg wat al dié bestanddele (of selfs meeste daarvan) kan voorsien.

Aldrie bogenoemde oorsake van vinnige veroudering en siektes veroorsaak mettertyd massiewe opbou van “toksiese afval” binne-in ons liggame. En omdat ons nie die nodige mikro-nutriënte inkry nie, kan ons liggame nie die ensieme vervaardig wat nodig is om te “detoks” nie. Dis hoe ons vinnig verouder en hoe kroniese siektetoestande ontstaan. 

(As jy ‘n intekenaar is, het jy reeds die wagwoord ontvang vir ‘n artikel elders op die webblad waar jy meer kan lees oor dié onderwerp van “detoksifikasie”. Klik hier om by die artikel uit te kom.)

Klik hier om ’n in-diepte artikel te lees oor die beste manier waarop ons kan seker maak ons liggame kry al bogenoemde nutriënte op ’n daaglikse basis, en hoekom dit nie naastenby goed genoeg is om op ’n “normale” daaglikse dieet staat te maak nie.

Bron: Dr Ben Kim. Lees meer op sy webblad: http://drbenkim.com/main-causes-disease.htm

______________________________________

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s