Die prys van gesondheid

Soos ’n mens ouer word, is jy geneig om al hoe meer gereeld siek te word, tensy jy voorsorg tref en lewenstylaanpassings maak wat jou gesondheid kan verseker.

’n Mens kan dié aanpassings op verskillende maniere maak soos om “reg” te eet, gereelde oefening te kry, en veral te sorg dat jy die regte soort aanvullings neem.

As jy nie die verantwoordelikheid wil neem en dié soort aanpassings maak nie, en maar liewer staatmaak op mediese hulp, medikasie en mediese fondse wanneer jy siek word, is jy waarskynlik ’n kandidaat vir chroniese siekte op een of ander stadium van jou lewe.

Daar is wat gesondheid vandag betref eintlik net 2 opsies: jy verkies om nie verantwoordelikheid te neem vir jou eie gesondheid nie, en word dan  ’n chroniese, dus lewenslange, kliënt van die mediese bedryf, òf jy neem voorkomend verantwoordelikheid vir jou eie gesondheid en word ’n lewenslange kliënt van jou eie besigheid waar jy die regte soort aanvullings kan kry, teen pryse waaroor jy beheer het – as jy bereid is om verantwoordelikheid te neem en te doen wat nodig is.

As jy reeds so ’n besigheid het waar jy unieke en gesofistikeerde gesondheidsprodukte kan kry, maak prys eintlik nie saak nie, want jy sit met ’n  besigheid wat absoluut reg geposisioneer is in die bedryf wat gedurende die volgende 20 tot 30 jaar ongekende groei gaan beleef – die gesondheidbedryf.

Zane Pilzer en boekIn sy insiggewende boek “The New Wellness Revolution”, met die subtitel “The Next Trillion Dollar Industry”, skryf die ekonoom, Paul Zane Pilzer dat mediese kostes vir die meeste Amerikaanse huishoudings net eenvoudig te duur geword het.

Omdat ons hier in Suid-Afrika ’n lewenstyl het wat goed vergelyk met dié van die Amerikaners kan ’n mens met veiligheid aanneem dat die situasie in Suid-Afrika nie veel anders gaan wees nie. Daar is hoeka knaend koerantberigte oor die feit dat mediese fondse al hoe minder gewillig is om aan te hou betaal vir stygende mediese kostes.

Die punt is dat enige Suid-Afrikaner met ondernemingsgees behoort regop te sit, die boek in die hande te kry en kennis te neem van die talle geleenthede wat die stille revolusie van ’n “siektebedryf” na ’n gesondheidsbedryf gaan skep.

Oor die ongelukkige Amerikaanse situasie skryf Pilzer:  “Despite the rising economy since the beginning of the 1990s, U.S. personal bankruptcy filings tripled – from approximately 750 000 in 1990 to 2 million in 2005 – with much of the increase resulting from family medical catastrophes. One million middle and upper class U.S. families are now forced into bankruptcy every year by the sickness industry.”

Sy definisie van ’n “sickness industry” is ’n gesondheidsorg wat fokus op die behandeling van siekte-simptome eerder as die voorkoming van siektes. Dié bedryf, sê hy, maak van pasiënte lewenslange kliënte, alhoewel niemand graag ’n kliënt wil wees nie.

In die geval van die gesondheidsbedryf, aan die ander kant, sê hy “people voluntarily become customers – to feel healthier, to reduce the effects of aging, and to avoid becoming customers of the sickness business. Everyone wants to be a customer of this earlier-stage approach to health.”

En as ’n mens in die proses ook beheer kan kry oor die prys wat jy betaal vir jou gesondheidsorg, moet ‘n besluit om liewer aangewese te wees op die “sickness industry”  ‘n tragiese fout wees.

Tog is die verstommende feit dat die meerderheid mense liewer mediese hulp soek eerder as om hulle liggame behoorlik te voed met die beste wat beskikbaar is.

Die mees tragiese is wanneer mense vir jou sê hulle het wonderlike resultate met FoodState-aanvullings gehad en hulle kind se gesondheidsprobleme was in ’n ommesientjie iets van die verlede.

Maar toe word die koste van die aanvullings te veel en hulle gebruik nou maar die outydse aanvullings of selfs medisyne!

Ek glo dié tragiese persepsie dat dit “te duur is” berus op onkunde – of as ’n mens vriendelik wil wees, oningeligtheid – oningeligtheid oor wat dit is wat prysgewys vergelyk word (soos om appels met pere te vergelyk), en oningeligtheid oor die gesondheidsbesparings wat jy oor jare opbou deur mediese onkostes te voorkom met volgehoue en behoorlike voedselaanvulling.

Laaste maar beslis nie die minste nie is daar die reuse-voordeel van die inkomste-potensiaal van netwerkbemarking – wat in werklikheid die prys van jou gesondheidsprodukte irrelevant maak.

Daar is nie ’n enkele kommoditeit waarvan die prys nie ’n opwaartse neiging het nie. En vir ons menslike natuur sal pryse altyd “te hoog” wees.

Wat saak maak is wat ons doen om daardie onvermydelike prys-faktor uit te skakel. Dis die geleentheid wat netwerkbemarking jou gee – om 10 keer meer, selfs 100 keer meer, te verdien as wat jy aan jou eie voorkomende gesondheidsorg en lewenskwaliteit bestee.

Indien jy meer wil uitvind oor hoe jy die prys-faktor in jou voorkomende gesondheidsorg  kan uitskakel, kontak Okkie Venter op 083 289 2839 (in Suid-Afrika) of per e-pos by antok@axxess.co.za.

Verwante artikels wat jou mag interesseer

Dis een van die verstommendste verskynsels dat terwyl die mees moderne en effektiewe tegnologie bestaan om terminale siektes soos hartsiektes te voorkom, so baie mense net nie die moeite doen om meer uit te vind en vroegtydig iets voorkomends te begin doen nie.  Die soort “volstruistegniek” om te maak of daar nie ‘n probleem bestaan nie, het baie, baie duur gevolge – vermybare gevolge vir diegene wat bereid is om te doen wat gedoen moet word. Om dié artikel te lees is ‘n goeie eerste stap. 

Die artikel bevat behalwe ‘n beskrywing van wat nodig is om die verouderingsproses teen te werk en langer jonk en veral gesond te bly, ook ontstellende inligting oor waarom terminale lewenstylsiektes soos kanker en hartsiektes die afgelope 100 jaar so dramaties toegeneem het.

Een van die mees algemene veskonings wat mense gebruik om nie self verantwoordelikheid te neem vir wat met hulle gebeur nie, is dat hulle nie tyd het nie. Lees hier hoekom dié verskoning glad nie ’n geldige een is nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s