Goedkoop aanvullings

Moenie jouself in die voet skiet nie

 Sommige mense sal vir jou sê dis baie “makliker” en “goedkoper” om jou aanvullings sommer by ’n apteek te koop. 

Maar dié wat dit doen, het waarskynlik nie die moeite gedoen om uit te werk met watter asemrowende bedrag hulle hulleself in die voet skiet nie. 

Voor ek 20 jaar gelede Sportron se produkte begin gebruik het, het ek reeds elke maand tussen R400 en R600 aan aanvullings net vir myself bestee. 

Die bedrag sal in vandag se geldwaardes waarskynlik tussen R700 en R900 gewees het. 

Dis baie maklik om uit te werk watter enorme bedrag ek nou al vir apteke sou gegee het as ek so aangehou het. 

As die gemiddelde bedrag (aangepas vir inflasie) oor die afgelope 20 jaar ’n konserwatief berekende R700 per maand was wat ek by apteke sou moes bestee het, was die totaal nou al ’n allemintige R168 000! 

Ek kan nie onthou hoe lank dit my gevat het om uit Sportron genoeg te verdien om my kostes te dek nie, maar kom ons sê dit was 2 jaar. 

Dan beteken dit my aanvullings kos my nou al 18 jaar lank niks nie, terwyl ek elke maand ’n handige ekstra inkomste kry net omdat ek oor die jare ’n paar mense gehelp het om dieselfde voordele as ek te geniet deur presies dieselfde as ek te doen. 

So, as ek nie die verantwoordelikheid geneem het en betyds die somme gemaak het nie, sou ek nie eers geweet het van die enorme finansiële ramp wat ek beleef nie – destemeer nog as ’n mens in ag neem die asemrowende 7-syferbedrag wat ek altesaam oor die afgelope 18 jaar verdien het!  

Selfs al spandeer jy oor die volgende 20 jaar net R300 gemiddeld per maand by ’n apteek, bly dit R75 000 te veel, wat jy kon gespaar het. 

Voeg daarby dat die “goedkoper” aanvullings by die apteek waarskynlik nie FoodState-aanvullings sou wees nie, maar aanvullings wat volgens die verouderde tegnologie van chemies geïsoleerde vitamiene en minerale geformuleer is. 

Dis ’n algemeen bekende feit dat dié verouderde tegnolgie op sy beste gebrekkig is en nooit volledige absorpsie van die voedingstowwe kon verseker nie. 

Dis hoekom jy minder daarvoor betaal. 

Dis ook hoekom die vitamien- en mineraalhoeveelhede in dié soort aanvullings so uitermate hoog is. 

Die ongemaklike feit is dat daar in die chemies-geïsoleerde aanvullings baie meer van elke vitamien en mineraal in die tablet moet wees omdat die menslike liggaam sukkel om klip of chemiese bestanddele te absorbeer en te verteer. 

Die grootste persentasie van die inhoud word op die ou ent uitgeskei of beland op plekke waar dit geen nuttige doel kan dien nie. 

Omdat die FoodState-voedingstowwe deur ons liggame as kos herken word, word die aanvullings baie vollediger opgeneem en is dit baie meer bio-beskikbaar in ons liggame. Dis hoekom soveel kleiner hoeveelhede van die vitamiene en minerale geneem hoef te word – want die absorpsie is tot 12 keer beter as met die ou tegnologie. 

So dis net nog ’n faktor wat netwerkbemarking, veral die model daarvan wat toegang gee tot FoodState-tegnolgie, die nommer een keuse gemaak het van mense wat hulle huiswerk behoorlik gedoen het. 

Dié mense het ’n besluit geneem wat hulle in staat stel om die modernste, mees wetenskaplike en doeltreffendste voorkomende gesondheidsorg vir hulleself en hulle gesinne basies verniet te kry. 

Plus, as hulle wil, sou hulle kon werk vir ’n ekstra passiewe inkomste wat later vir hulle aftrede baie nuttig kan wees. 

En dan praat ’n mens nog nie eers oor die mediese kostes wat jy oor 20 jaar sou gespaar het nie omdat die doeltreffendheid van die FoodState-aanvullings verseker dat jy baie minder siek word, indien ooit.

Lees ook:

Die artikel bevat behalwe ‘n beskrywing van wat nodig is om die verouderingsproses teen te werk en langer jonk en veral gesond te bly, ook ontstellende inligting oor waarom terminale lewenstylsiektes soos kanker en hartsiektes die afgelope 100 jaar so dramaties toegeneem het.

Mediese dienste en medisyne het vir baie mense op aarde onbekombaar duur geword. In die VSA is een van die grootste oorsake van bankrotskappe die prys van chroniese mediese sorg. Daar is ’n alternatief. En jy kan in beheer wees van die prys wat jy daarvoor betaal – mits jy bereid is om verantwoordelikheid vir jou eie gesondheid te neem.

Dis een van die verstommendste verskynsels dat terwyl die mees moderne en effektiewe tegnologie bestaan om terminale siektes soos hartsiektes te voorkom, so baie mense net nie die moeite doen om meer uit te vind en vroegtydig iets voorkomends te begin doen nie. Om dié artikel te lees, is ‘n goeie eerste stap. 

Vind hier uit hoe jy gehelp kan word om om die geld terug te kry wat jy aan jou eie voorkomende gesondheidsprodukte bestee.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s