Welvaart-strategieë

Hoe ons denke ons sukses bepaal

Ingesteldheid, of denkpatrone, of kernwaardes speel ’n absoluut oorheersende rol wanneer ons belangrike keuses, lewenskeuses, maak. Een van die allerbelangrikste dinge wat welvarende suksesvolle mense anders maak is juis hulle positiewe ingesteldheid.

Robert Kiyosaki, die skrywer van “Rich Dad, Poor Dad” en heelwat ander boeke oor gesonde finansiële beginsels, is van mening dat mense “ryk” of “arm” is as gevolg van hulle kernwaardes.

Die probleem is dus hoe om jou kernwaardes te verander as jy wil ryk wees.

In die video hieronder verduidelik Kiyosaki hoe onmoontlik dit vir sy “poor dad” was om die konsepte waarmee sy “rich dad” gewerk het, te kan begryp, eenvoudig weens die kernwaardes wat sy “poor dad” gehad het van go to school, work hard, get good grades and a good job”.

In dieselfde video het hy ook oor ’n ander kernwaarde gepraat wat ’n mens moet hê as jy suksesvol wil wees in besigheid – die beginsel dat “geld nie die ding is wat jou ryk maak nie”.

Geld, sê hy, kan eintlik ’n strik wees as jy nie die sakevernuf, die vaardighede, die “business skills”  het om geld te genereer en te hanteer en vir jou te laat werk nie.

In sy video verduidelik hy hoe netwerkbemarking eintlik sy “poor dad” kon gehelp het om sy kernwaardes te verander en die sakevernuf wat nodig was, aan te leer, al sou dit hom hoe lank ookal gevat het.

Ongelukkig vir sy “poor dad” was daar toendertyd nie so iets soos netwerkbemarking nie. As daar so iets was, sou hy dalk die geleentheid in elk geval gemis het omdat dit so radikaal nuut sou gewees het dat hy, weens gebrek aan insig en verkeerde waardes, sou gedink het dit moet een of ander onwettige skelmstreek wees.

Laasgenoemde is die tipiese ingesteldheid wat “poor dads” hou waar hulle is: sukkelend en arm en swoegend vir die res van hulle lewens.

In die video verduidelik Kiyosaki self  hoekom netwerkbemarking die ideale omgewing sou gewees het om sy “poor dad” te help om te leer dink en doen soos die rykes, en die oorgang te maak van werknemer na besigheidseienaar, selfs al sou dit dalk jare geneem het.

Netwerkbemarking kan ons dit help doen omdat dit ’n hele paar voordele het wat meer konvensionele besigheidsmodelle nie het nie, voordele soos:

  • besigheidseienaarskap, selfs terwyl jy nog in ’n voltydse werk is
  • baie lae beginkostes – in baie gevalle so laag as R400, waarvoor jy in elk geval produkte kry waarop jy reeds geld spandeer by ander besighede
  • al die ondersteuning wat jy nodig het vir solank dit jou neem om die oorgang te maak
  • ’n absoluut gratis besigheidsplan wat werk
  • wêreldklasprodukte vir jou besigheid
  • gratis “in-diens-opleiding” om die nodige besigheidsvaardighede te leer
  • geleenthede vir persoonlike groei sodat jou kernwaardes verander na dié van Kiyosaki se “rich dad”.

Hier is die video. Dis gratis en ongeveer 11 minute lank, en dis essensiële kykmateriaal.

 

Soos jy dalk teen die einde van die video opgemerk het, waarsku hy ernstig teen die begeerte om teen die korporatiewe leer te probeer uitklim as ’n werknemer wat enige oomblik ontslaan of afgedank kan word terwyl jy geen beheer het oor daardie besluite nie.

In netwerkbemarking kan niemamnd jou ontslaan of afdank nie.

Hy noem ook die gevare van ’n “solo act” te wees, in jou eie diens dus, as ’n professionele persoon soos ’n dokter of ’n eletrisiën byvoorbeeld. As jy ’n ongeluk het en nie kan werk nie, is jou inkomste daarmee heen.

Dis hoekom hy ten gunste is daarvan dat ’n mens werk vir ’n passiewe inkomste uit ’n eie besigheid. Dis soveel veiliger. Jy werk hard maar slim vir ’n kort rukkie en daardie werk produseer dan ’n geleidelik groeiende stroom inkomste elke maand.

Net een bron van inkomste is ‘n baie dun draadjie. Dave het dié les op die HARDE manier geleer.

En dit produseer nie net een stroom inkomste nie, maar verskeie!

Dit is iets wat geen voltydse werk jou kan bied nie. Daar is jy afhanklik net van ’n salaris, en jy word dikwels nie toegelaat om ’n tweede werk vir ’n ekstra inkomste te hê nie.

Verskeie bronne of strome van inkomste is presies wat netwerkbemarking vir jou moontlik maak – as jy gewillig is om die uitstekende, dikwels wêreldklasprodukte van jou netwerkbemarkingsmaatskappy te gebruik en die besigheidsplan wat hulle aanbied te volg.

Op dié manier sal jy in staat wees om ’n passiewe inkomste te skep wat beter is as wat enige pensioenfonds jou kan aanbied – en jy sal dalk net kan aansluit by die geledere van die top 10% mense wat na aftrede sal kan ophou werk sonder dat hulle lewenskwaliteit benadeel word.

Dis ’n statistiese feit dat meer as 90% van alle mense, veral die wat werk vir ’n salaris, nooit die geleentheid sal hê om na aftrede op te hou werk nie – en dan mag daar dalk nie eers werk wees vir hulle nie.

So, leer vroegtydig om die besigheidstrategieë van die rykes toe te pas en jy kan dit met netwerkbemarking doen selfs terwyl jy nog vir ’n salaris werk.

_______________________________________________

As jy kommentaar wil lewer of ’n gedagte of twee wil byvoeg wat ander lesers kan help, of wat ’n bespreking tot gevolg kan hê, doen dit gerus hier onder by “Leave a reply”.

_______________________________________________

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s