Die ware doel van rykdom

Die betekenis en doel van geld

Daar is niemand wat nie geld nodig het nie. Die ironie is dat baie van ons sekere opvattings oor geld het wat dit vir ons onmoontlik maak om in ’n besigheid suksesvol te wees.

Dié opvattings lê by baie van ons diep ingebed – tot in die niere van ons taal. Dink maar waar die uitdrukking “stinkryk” vandaan kom. Dis beslis nie ’n uitdrukking wat getuig van groot bewondering vir ’n baie ryk persoon nie. Inteendeel.

Die feit van die saak is dat dié soort uitdrukking op totale wanpersepsies gebaseer is.

Die meeste “stinkryk” mense vandag is mense sonder wie die getal brandarmes op aarde skrikwekkend meer sou gewees het.

Volgens die mees suksesvolle en rykste mense vandag het jy baie meer nodig as net hope geld om “ryk” te kan wees.

Stinkryk

Die idee dat sekere mense “stinkryk” is en dat geld “vuil” is, kom waarskynlik uit die industriële revolusie toe gewone werkende mense geglo het die rykes word ryker ten koste van die armes.

Dit kon dalk so gewees het in die verlede. Maar as ’n mens terugkyk oor die afgelope eeu of twee en die massiewe verbetering in die lewenstandaard van baie, baie mense dwarsoor die aarde, besef jy dié “stinkryk” industrialiste het dalk tog ’n positiewe uitwerking gehad – al was dit net om miljoene werksgeleenthede te skep.

In die proses het hulle die sogenaamde “middelklas” help skep wat in baie lande amper net so ’n groot getal mense is as die “armes”.

Die feit dat daar nog so dikwels moralisties, veroordelend en jaloers na welvarende mense verwys word as “stinkryk”, bewys dat die ou persepsies nog sterk en lewendig is.

Welvaart

As ’n mens ’n ontleding maak van wat nodig is om “ryk” of “welvarend” te wees, en hoe party van die rykste mense op aarde so ryk geword het, kry jy ’n heeltemal ander prentjie.

Robert Kiyosaki (skrywer van Rich Dad, Poor Dad) definieer welvaart nie in terme van hoeveel geld jy het nie, maar in terme van hoeveel dae, of weke, of maande, of selfs jare jy jou lewenstandaard kan handhaaf sonder om vir geld te werk.

Die verskil is natuurlik dat die welvarende persoon ’n bron van inkomste ontwikkel het wat outomaties ’n inkomste bly genereer of hy daar is en werk, of nie.

Hy gebruik dié voorbeeld slegs om die mag van herhalende inkomste (of passiewe inkomste soos dit soms genoem word) te illustreer. Dit is, byvoorbeeld, ’n inkomste wat ’n mens verdien uit ’n eie besigheid of uit beleggings.

Dié soort inkomste verdien ’n mens maandeliks oor en oor uit werk wat oorspronklik so goed gedoen is dat dit daarna aanhou om maandeliks vir die besigheid ’n bron van inkomste te wees.

Maar dit is net een aspek van die die konsep “ryk” of “welvarend”.

In sy boek Retire Young, Retire Rich voeg Robert Kiyosaki ’n belangrike element by dié definisie, wat eintlik verduidelik waar die rykes se rykdom vandaan kom.

Die “miljoen-dollar-vraag”

Hy begin deur ’n vraag te vra wat volgens hom ’n baie belangrike vraag is wat elke mens hom- of haarself moet afvra. “It is the question which, if answered and acted upon makes people millionaires, even billionaires. That is why rich dad called it ‘the million dollar question’ “.

En die vraag is: “How can I do what I do for more people with less work and for a better price”.

Dit was op byna presies dieselfde manier dat die multimiljoenêr, John D. Rockefeller, rykdom beskryf het, maar van ’n negatiewe gesigspunt af, waarmee hy ’n essensiële element by die definisie gevoeg het: “If your only goal is to become rich, you will never achieve it”.

Die doel waarvoor jy ryk word is dus die sleutel.

In sy boek “One Door, Two Locks” sê die skrywer, Dr Jim Muncy: “we are wealthy if we have the resources we need to fulfill our purpose in life.”

Volgens al drie dié suksesvolle mense moet jou doel om ryk te word meer om die lyf hê as net die vasbeslotenheid om so ryk as moontlik te word.

Jy het ’n baie groter doelstelling nodig, die doel om wat jy ookal doen te doen vir meer mense – die vasbeslotenheid om die lewens van soveel mense as moontlik te verbeter.

Maar om dit in besigheid te kan doen, is ’n baie spesiale besigheidskonsep nodig. En dis nou waarna die mensdom al baie lank soek.

Hierdie webblad gaan spesifiek oor dié besondere besigheidsmodel wat maar ’n paar dekades gelede eers op die toneel verskyn het en wat al beskryf is as die beste manier vir gewone mense om buitengewoon ryk te word.

Na aanleiding van wat ons nou weet van ware rykdom, moet ’n baie belangrike element by dié beskrywing gevoeg word: “dié besondere besigheidsmodel is die beste manier vir gewone mense om buitengewoon ryk te word deur so veel moontlik ander gewone mense te help om buitengewoon ryk te word.”

Jy sal in die afdeling “Voordele” waarna in die openingsartikel op die tuisblad verwys word, ’n goeie inleiding tot die model kry in die vorm van ’n reeks kort artikels.

Die artikel wat illustreer hoe hierdie besigheidsmodel die beginsel gebruik van “jy ontvang meer as jy dit reggekry het om ’n verskil in die lewens van ander te maak”  is die 3de een in die reeks. Die titel is ’n Gelyke kans. Om die artikel te lees klik op die titel en tik dié wagwoord in: gelykheid.

Maar dit sal die moeite werd wees om die hele reeks van voor af te lees en by die eerste artikel op die tuisblad te begin: ’n “Werk” waar jy in beheer kan wees”. Aan die einde van dié artikel word ook verduidelik hoe jy gratis toegang tot die hele kort kursus kan kry.

Of as jy video verkies, kan jy by www.okkieventer.com ‘n vinnige gratis videokursus oor dié onderwerp kry.

_______________________________________________

As jy kommentaar wil lewer of ’n gedagte of twee wil byvoeg wat ander lesers kan help, of wat ’n bespreking tot gevolg kan hê, doen dit gerus hier onder by “Leave a reply”.

_______________________________________________

One thought on “Die ware doel van rykdom

  1. Baie dankie vir hierdie bydrae Okkie. Waar ek nou al meer as ‘n jaar besig is om my voor te berei om die GOEIE GESONDHEIDSMARK te betree, het ek baie baat gevind by Dr Alan Tomlinson se aanbiedings oor THINK AND FEEL POSITIVELY en dan ook sy DVD REINVENT YOURSELF!. Dit is aangrypend om die, ‘n mens kan maar se^ DIE FISIOLOGIESE ASPEKTE rondom ons menslike denkpatrone, te leer ken en te eerbiedig. “Thoughts occupy space in your brain, neurons, and you are the gate keeper to allow either negative or positive thoughts to resided in your brain.”

    Dan het ek ook ‘n baie oulike definisie van WELLNESS op die internet raakgeloop: WELLNESS IS A MULTI-DIMENTIONAL STATE OF BEING, THE EXISTENCE OF POSITIVE HEALTH IN AN INDIVIDUAL, AS EXEMPLIFIED BY QUALITY OF LIFE, IN THE SENSE OF WELL-BEING. Charles B Corbin (Arizona State University). Dit is regtig ‘n mond vol en stem ‘n mens tot nadenke.

    Baie groetnis en dankie vir alles wat jy doen, Ref.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s