Denkpatrone

Die volgende onderwerpe fokus op die soort denkpatroon (“mindset” in Engels) wat vir sukses nodig is. Selfs die keuses wat ons maak is sonder dat ons bewus is daarvan die direkte gevolg van die denkpatrone wat ons van kleins af aangeleer het.

Dis natuurlik patrone wat ‘n mens kan verander as jy bewus word daarvan hoe jou eie spesifieke denkwyses jou nie meer op die beste manier dien nie. 

Let wel: Jy sal vir sommige van die insetsels in dié afdeling ’n spesifieke wagwoord nodig hê.

1.  Die Mag van jou Onderbewuste 

Een van die belangrikste oorsake waarom so baie mense met die beste wil in die wêreld dit nie regkry om welvarend te word nie, is omdat hulle onderbewuste ander idees oor die saak het. Dit is ongelukkig so dat as jou onderbewuste volgens sy definisie van die woord “wen”,  nie wil toelaat dat jy wen wanneer dit by geld en rykdom kom nie, dan sal jy nie. Dié onbewustelike motiverings het oor baie jare onder invloede waaraan jy blootgestel was as’t ware deel geword van jou denkpatrone. En tensy jy leer om hierdie denkpatrone uit te ken en die patrone te verander is jou lot verseël. Die artikel sal jou  met onder andere ’n gratis video van die beroemde sakeman en skrywer, Robert Kiyosaki, daarmee kan help. (Jy benodig ’n wagwoord om hierdie artikel te lees.)

2.  Die Ware Doel van Rykdom 

Waar kom uitdrukkings soos “stinkryk” vandaan? Dis dikwels woorde en uitdrukkings wat baie meer sê oor die mense wat dit gebruik as die “stinkrykes” op wie dit gemik is. Dis woorde wat onderbewustelike persepsies verraai wat dit vir mense onmoontlik maak om in besigheid suksesvol te wees.

3.  Welvaartstrategieë. Wat rykes anders doen

Ingesteldheid, of denkpatrone, of kernwaardes speel ’n absoluut oorheersende rol wanneer ons belangrike keuses, lewenskeuses, maak. Een van die allerbelangrikste dinge wat welvarende, suksesvolle mense anders maak, is juis hulle positiewe kernwaardes Die artikel bevat ook ’n gratis video waarin Robert Kiyosaki, bekende skrywer van die trefferboek “Rich Dad, Poor Dad”, verduidelik hoekom “the business of the 21st century”, as dit in sy jeugjare bestaan het, sy “poor dad” baie sou kon gehelp het om sy eie kernwaardes te verander en meer suksesvol en welvarend te wees.

6.Die mentaliteit van ’n entrepreneur 

2.  Eie verantwoordelikheid is jou enigste sekuriteit.  

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s