Word jy betaal as jy inkopies doen?

Kry na jou inkopies meer terug as die geld wat jy spandeer het!

Vir honderde, selfs duisende jare dryf mense al handel deur geld in te ruil vir goedere of dienste.

Die haakplek was nog altyd om die geld in die hande te kry. En dan, as jy dit uitgegee het en weer moes koop, nog geld in die hande te kry!

Dis hoe die konsep van “werk” en “salaris verdien” ontstaan het

Maar so 70-80 jaar gelede het ’n revolusionêre manier van handeldryf die lig gesien. Jy moes nog steeds geld gee in ruil vir dit wat jy wou hê, sê nou maar ’n koekie seep, maar ’n byna ondenkbare element het bygekom.

Dié element sou dit  vir jou moontlik maak om jou geld weer terug te kry – én die “koekie seep” te hou!

Al wat jy moet doen, is om ander mense in jou kring van vriende en kennisse te vertel van die “gratis” manier waarop jy jou “koekies seep” in die hande kry.

En as hulle slim is en hulle koekies seep ook so gaan koop, sal die vervaardiger jou vergoed vir jou promosiewerk.

Vandag is dié vennootskapsmodel dwarsoor die wêreld ’n erkende metode om inkomste te verdien deur in vennootskap met ’n vervaardiger jou geheim met ander te deel.

Maar dis nog steeds ’n vreemde konsep vir die meeste mense wat gewoond is aan “reklame-bemarking” – die konvensionele soort bemarking gebaseer op duur tydskrif- en TV-advertensies, en nog duurder borgskappe.

Werk dit? Dit werk!

In reklame-bemarking probeer die vervaardiger by jou die illusie skep dat as jy sy koekie seep koop die skoonheid van ’n supermodel binne jou bereik sal wees.

Of as jy manlik is, sal die koekie seep jou nog meer manlik en aantreklik maak, of jou in dieselfde buitegewone kategorie plaas as die supersportster wat ook die soort seep gebruik.

Dit werk skynbaar; anders sal maatskappye nie miljoene spandeer om dié soort illusies aan die publiek te probeer verkoop nie.

In die vennootskapsmodel is die voordeel minder romanties.  Maar dit is baie meer wesenlik: jy kan jou geld terugkry!

En as jy wil, kan jy baie meer verdien!

Om uit te vind hoe dit werk, besoek www.okkieventer.com

______________________________________________

As jy kommentaar wil lewer of ’n gedagte of twee wil byvoeg wat ander lesers kan help, of wat ’n bespreking tot gevolg kan hê, doen dit gerus hier onder by “Leave a reply”.

En as jy gehou het van wat jy hier gelees het, hoekom nie die artikel  ‘n “Like” gee hier onder nie.

_______________________________________________

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s