Hoe vergelyk Netwerkbemarking met ander besigheidstrukture?

 Baie mense het ’n bevooroordeelde siening van netwerkbemarking as ’n sogenaamde “piramiede”. 

Wat vreemd is, is dat dié mense nie bevooroordeelde siening het oor ander besigheidsmodelle en entititeite wat presies dieselfde piramiedestruktuur het nie: die regering, byvoorbeeld, of die weermag, die polisiemag of die kerk – of enige ander meer “normale” sakeondeneming. 

Miskien is die probleem vir baie mense dat netwerkbemarking juis nie ’n “normale” besigheid is nie. Dit is ’n besigheid wat gewone mense bemagtig en in staat stel om beheer te neem van hulle lewens en hulle finansiële welsyn. Geen ander besigheidskonsep maak dit moontlik nie. 

Om die vooroordele en misverstande oor die struktuur te verstaan, moet ’n mens eerstens verstaan watter struktuur dit is  wat enige besigheidsmodel moontlik en werkbaar maak.

Dis die piramidestruktuur 

Hierdie struktuur is waarskynlik die sterkste struktuur wat aan die mensdom bekend is. Maar soos enige iets anders is dit iets wat misbruik kan word deur gewetenlose mense wat die krag van die sisteem tot hulle eie voordeel uitbuit. 

Dié soort skelmstreek word gevolglik ’n “piramiede-skema” genoem. En dit is hoe die verwarring ontstaan het wat die piramiedestruktuur in die gedagtes van baie mense verdag gemaak het. 

Die piramiedestruktuur is egter die enigste manier waarop besigheids- en sosiale organisasies doeltreffend kan funksioneer. 

’n Piramiedeskema kan uitgeken word aan die afwesigheid van ’n geloofwaardige produk of diens in ruil vir geld. Dit is dus gewoonlik ’n soort geldelike rondomtalie waar geld hande verwissel sonder enige produk of diens.

Verder word ook gewoonlik ’n groot aanvangsfooi verwag met die belofte van groot opbrengste – wat selde indien ooit realiseer.  

En as jy gaan geld maak, sal jy net nooit meer kan kry as die mense bo jou in die skema nie.

Dié soort skelmstreke is onwettig en hou nooit baie lank voor hulle uitgevind en toegemaak word nie.

Jou beste waarborg is om jou huiswerk te doen en voor jy by enige organisasie betrokke raak uit te vind hoe lank dit reeds bestaan en hoe moontlik dit vir jou sal wees om volgens verdienste beloon te word, selfs beter as diegene bo jou in die struktuur.

Maar ongelukkig word die woord “piramiede” gebruik om na die onwettige skemas te verwys. Dit is jammer want dit is nie die struktuur wat korrup is nie, maar die mense wat dit tot hulle eie selfsugtige voordeel ten koste van ander mense misbruik.

En so kry ’n mens korrupte regerings, weermagte, polisiemagte, sake-ondernemings en selfs godsdienstige organisasies.

Hoe verskil die normale netwerkbemarkingstruktuur van dié van ’n konvensionele besigheid?

Een ooglopende verskil is dat in die korporatiewe struktuur (soos dié van ’n regering of ’n polisiemag, of ’n besigheid, of die kerk) is dit byna onmoontlik vir ’n beginner om bo uit te kom behalwe as dié mense bo hom doodgaan of aftree of ontslaan word.

In die netwerkbemarkingstruktuur begin jy as die uitvoerende direkteur van jou eie besigheid.

Daar is niemand bo jou wat jou kan terughou nie. Jy kan selfs die persoon wat jou gehelp het om te registreer verbygaan wat status en verdienste betref.

Hier is ‘n video waarin Tim Sales, bekende Amerikaanse netwerkbemarker, verduidelik hoe netwerkbemarking in dié opsig verskil van konvensionele besighede.

Netwerkbemarking is dus inderwaarheid die enigste besigheidskonsep waar jy besigheid doen vir jouself, maar hoegenaamd nie alleen nie – en waar jy in werklikheid meer kan verdien as mense bo jou in die sisteem.

En die mense bo jou sal bowendien alles in hulle vermoë doen om jou te help om nog meer suksesvol te wees, eenvoudig omdat hulle sukses afhang van hoe suksesvol hulle is om ander mense in hulle besigheidseenheid te help om ook suksesvol te wees.

Ondersteuning is dus ingebou in die sisteem. Natuurlik is dit belangrik dat die persoon wat jou registreer die beginsel verstaan. Dis hoekom dit so belangrik is om die regte vennoot te kies – die regte maatskappy en die regte persoon as vennote.

Dit was die basis vir my keuse van die maatskappy wat ek as my vennoot in netwerkbemarking gekies het. Maar daar was ’n paar ander deurslaggewende faktore:

  • die maatskappy het waarskynlik die mees vrygewige kompensasieplan in die industrie – 12 strome van inkomste;
  • hulle sisteem is absoluut regverdig en kompenseer jou vir leierskap en die ontwikkeling van die mense in jou besigheidseenheid in plaas van vir die verkoop en verspreiding van produkte;
  • die maatskappy sorg self vir laasgenoemde twee funksies;
  • die produkte is unieke gesondheidsprodukte en is gebaseer op die mees moderne en gevorderde tegnologie wat die voedselaanvullers tot 12 keer meer bio-beskikbaar en absorbeerbaar maak.

Klik hier om verder te lees aan die artikel oor “Die Kiyosaki-impak” .

________________________________________

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s