Drie voorvereistes vir ’n suksesvolle eie besigheid

___________________________________________________

“Net iemand wat ’n 5mm-gaatjie wil boor, het ’n 5mm-boorpunt nodig. En daar is nie genoeg mense met dié behoefte om ’n groot genoeg mark te skep nie”. 

___________________________________________________ 

Die stelling hierbo illustreer 2 van die 3 redes waarom nuwe besighede so dikwels misluk – meer as 90% in die eerste 5 jaar!

Dié redes is eintlik drie beginsels waarop enige besigheid gebaseer moet wees om sukses te verseker.

Nog voor jy besluit om ’n nuwe besigheid te begin moet die eerste beginsel in plek wees: jy moet ’n groot genoeg probleem geïdentifiseer het vir ’n groot genoeg groep mense – anders het jy nie ’n mark nie.

As die probleem nie groot genoeg, selfs lewensbelangrik is vir baie mense nie, gaan jou besigheid waarskynlik nie suksesvol wees nie.

En as jy so ’n probleem geïdentifiseer het (sê maar die behoefte om ’n 5mm-gaatjie te maak), moet jy ’n oplossing daarvoor hê (die 5mm-boorpunt).

Maar dis nie genoeg nie. Daardie oplossing moet ’n unieke oplossing wees, en mense moet dit verkieslik net by jou kan kry.

So, as jy ’n besigheid wil begin wat net boorpunte verkoop, het jy reeds ’n probleem met twee van die drie basiese beginsels.

Die 3de beginsel is die vaardighede wat jy moet hê om so ’n besigheid op te rig en winsgewend te bestuur. Jy moet dus die winkel op die regte plek geplaas kry, die voorraad op die rakke kry, en die bemarking en die administrasie doen om mee te begin.

Die goeie nuus is dat daar vandag sisteme bestaan wat mense kan help om die oorgang te maak na suksesvolle besigheidseienaarskap as hulle nie oor die kennis en die vaardighede beskik nie. En did presies waaroor dit in hierdie blog gaan.

As jy nie die vaardighede besit nie, en nie ’n sisteem het om jou te help nie, is die beste raad: kry so ’n sisteem – of gaan kyk minstens na die vereistes vir sukses in ’n eie besigheid. Daar is hieroor ’n reeks artikels wat begin met “’n Brug na voorspoed”. Intekenaars op dié blog kry dadelik die wagwoord wat hulle toegang sal gee tot die reeks artikels.

Drie pilare 

Die ideale besigheid is dus een wat op die volgende drie pilare staan:

  1. PROBLEEM

Dink byvoorbeeld aan mense se vrees en kommer oor hulle gesondheid; of mense se behoefte aan meer vryheid, meer tyd, en meer geld. Dis tipiese groot probleemareas vir die meeste mense.

  1. OPLOSSING

Vir bogenoemde probleme moet jou besigheid dan ’n unieke gesondheidsoplossing aanbied; of die beste roete na meer vryheid en meer geld.

  1. VAARDIGHEDE

As jy nog nie die vaardighede aangeleer het wat nodig is nie, is dit ’n absolute prioriteit en dit moet so gou moontlik gebeur. As die geleentheid wat jy ondersoek in die verband gespesialiseerde gratis opleiding aanbied, begin jy reeds met ‘n voorsprong.

Welvaartskeppers vs geleentheidsoekers

Iemand wat die drie beginsels hierbo as maatstaf gebruik, begin ’n besigheid soos ’n welvaartskepper dit doen.

Die teenoorgestelde is die styl van die geleentheidsoeker. Dié soort persoon is gedurig op soek na ’n nuwe, beter geleentheid wat meer belowe.

Geleentheidsoekers soek na so iets omdat hulle nie verantwoordelikheid wil neem vir hulle eie welvaart nie. Hulle soek ’n geleentheid wat dit wat hulle wil hê in hulle skoot kan laat val sonder veel inspanning van hulle kant af.

Hulle is veral nie bereid om te lees en te leer sodat hulle die noodsaaklike vaardighede kan ontwikkel nie.

En hulle het nie die geduld en die vermoë om ’n besigheidsgeleentheid te ondersoek en vas te stel of dié geleentheid ’n unieke oplossing bied vir ’n wesenlike probleem wat groot getalle mense ervaar nie.

Die unieke verkoopshoek 

So, voor ’n mens jouself in ’n besigheidsgeleentheid begeef moet jy baie goed nadink oor die uniekheid van die oplossing wat die nuwe geleentheid aanbied; en of die probleem waarvoor die oplossing bedoel is regtig vir genoeg mense ’n groot genoeg probleem is.

Jy moet met ander woorde vra: Wat is die unieke verkoopshoek van my besigheid?

Om dit akkuraat te kan beoordeel vat ’n bietjie harde werk en ongelukkig ook sekere vaardighede. Jy sal ten minste die nodige navorsing moet doen.

As die verkoopshoek nie uniek is nie eenvoudig omdat ander geleenthede dieselfde ding aanbied, òf as ’n hoofproduk, òf as ’n pasella vir goeie werk, moet jy besef dat jy dalk gaan sukkel en selfs op die ou end ’n mislukte besigheid gaan hê.

As daar aan die ander kant ’n spesifieke kwaliteit in die hoofproduk is wat geen ander onderneming kan aanbied nie, ’n kwaliteit wat die produk se doeltreffendheid, byvoorbeeld, onmeetbaar verhoog, dan het jy ’n baie sterk, unieke verkoopshoek.

Maar dan moet jy nog steeds kyk na die aard van die probleem waarvoor die produk ’n oplossing aanbied. As dit ’n “probleem” is wat nie regtig hoog op die meeste mense se prioroteitslys is nie, mag jy dalk ’n unieke produk hê maar nie genoeg mense wat dit nodig het of wil hê nie.

Dis hoekom dit essensieel is om jou besigheid te baseer op wat mense regtig nodig het en wil hê, soos byvoorbeeld gesondheid, of meer geld, of fleksietyd en vryheid.

Bogenoemde aspekte is net drie van ‘n reeks aspekte waarna ‘n mens moet kyk voor jy aan die diepkant inspring en ‘n eie besigheid begin. Daar is heelwat meer soos die vraag of dit nodig, of selfs gewens is om groot bedrae te bestee wanneer jy ‘n eie besigheid begin.

‘n Meer volledige weergawe van die artikel is beskikbaar vir intekenaars op hierdie blog, maar selfs ‘n meer in-diepte ontleding van bogenoemde én ander aspekte is beskikbaar in ‘n spesiale reeks kort artikels wat ek as ‘n reeks eposbriewe aan belangstellendes stuur wat daarom vra. Skryf aan antok@axxess.co.za as jy belangstel om die reeks te ontvang.

One thought on “Drie voorvereistes vir ’n suksesvolle eie besigheid

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s