Besigheid

Die onderwerpe in hierdie afdeling fokus op sekere aspekte van ‘n spesifieke besigheidsmodel wat vir entrepreneurs en veral vir werkende salaristrekkers die meeste voordele inhou.

Let wel: Jy sal vir sommige van die insetsels in dié afdeling ’n spesifieke wagwoord nodig hê.

 

Geen wagwoord nodig nie:

Vind uit hoe die sisteem werk wat dit vir jou moontlik maak om dit wat jy reeds in elk geval elke maand moet koop, in die hande te kry op so ’n manier dat jy jou geld kan terug kry – en selfs meer.

 Voor ’n mens ’n eie besigheid begin, moet jy baie goed nadink oor die uniekheid van die oplossing wat jy aan die mark gaan aanbied; en of die probleem waarvoor die oplossing bedoel is regtig vir genoeg mense ’n groot genoeg probleem is. Maar om dié beoordeling te kan doen, veronderstel sekere vaardighede wat jy as besigheidseienaar moet hê om suksesvol te kan wees. As enige van die drie elemente afwesig is, soek jy dalk moeilikheid.

                    

                                 

Wagwoord nodig                                                                       

Wanneer jy vir iemand werk, besit daardie persoon letterlik jou tyd. Hy koop dit met die salaris wat hy jou betaal. Die artikel sal jou help verstaan hoe  ‘n eie besigheid onder die vleuels van ‘n gevestigde maatskappy jou kan help om as’t ware besit te neem van jou tyd en jou lewe en vir jou die vryheid te gee waarna jy smag.                                 

As jy ’n risikovrye belegging kon maak van R400 elke maand wat vir jou maandeliks ’n opbrengs van enige iets tussen 5% en 5000%, selfs baie meer, kon oplewer, en as jy vir daardie R400 belegging vir jou ’n verskeidenheid produkte kon kies wat jy tans in elk geval by supermarkte en apteke koop, sou jy dit as ’n goeie belegging beskou?

Sê nou daar was ’n sisteem wat jy kon gebruik terwyl jy nog steeds jou professionele beroep voltyds beoefen – ’n sisteem wat vir jou ’n addisionele “passiewe” inkomste kon help genereer deur ’n surplus bedrag geld vir jou te laat werk! En sê nou daardie surplus bedrag geld werk nie net stilletjies agter die skerms vir jou nie, maar koop terselfdertyd vir jou van die wêreld se mees gevorderde gesonheidsprodukte, en ander verbruikersitems wat jy op die oomblik in elk geval elke maand moet koop!

Dié suksesverhaal uit, van alle plekke: Thailand is ’n verhaal van ongelooflike sukses reg in die middel van die ergste wêreldwye resessie die afgelope paar dekades – ‘n bewys dat die besigheidsopsie waaraan dié blog gewy word resessiebestand is.

Vind uit hoe jy jou eie bekostigbare en sukkelvrye besigheid sonder werknemers en sonder risiko kan begin sonder om geld in ’n bodemlose put af te gooi.

Jy is dalk nou ’n werknemer wat ’n goeie salaris kry, of jy is dalk ’n professionele spesialis wat ’n goeie inkomste verdien, maar as jy nie terselfdertyd ’n herhalende (“passiewe”) inkomste ontwikkel nie, gaan jy sukkel om eendag finansiële vryheid te bereik. Jy mag dalk net die antwoord hier kry.

As jy bereid is om aan te pas en graag aan die voorpunt wil wees van huidige tendense, vind uit hoe jy jou perfek kan posisioneer vir een van die grootste besigheidsgeleenthede in dekades.  

Vind uit hoe jy jou eie besigheid kan begin en kan uitbou tot ‘n passiewe inkomste van meer as R50 000 per maand.  

Vir talle mense wat vir ’n baas of vir hulleself werk of gewerk het, was die afgelope klompie resessiejare ’n nagmerrie. Aan die anderkant was dit jare van redelike stabiliteit vir mense met ’n gevestigde eie vennootskapsbesigheid. Dit was jare van konsolidasie – indien nie wesenlike groei nie – in plaas van agteruitgang, mislukkings en selfs bankrotskap. Vind uit hoekom.

 

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s