Bedryfsleiding

Hierdie onderwerpe is spesifiek gemik op mense wat reeds ernstig besig is om eie besigheid in vennootskap met ‘n gevestigde moedermaatskappy te bou.

Dis veral vir besigheidsvennote wat reeds leiers is van spanne waarin daar reeds ander leiers is wat die duplikasieproses voortsit.

Let wel: Jy sal vir elk van die insetsels in dié afdeling ’n spesifieke wagwoord nodig hê.

Reeds beskikbaar

Wat is jou grootste verantwoordelikheid in jou eie besigheid en wat is die enigste manier om daardie verantwoordelikheid na te kom? Daarsonder steek jy jouself letterlik in die pad.

Die ses stappe wat essensieel is vir sukses in dié bedryf. As die stappe nie doelgerig gevolg word nie, kan daar nie groei en sukses wees nie.

Hoekom leierskapervaring of kwalifikasies, of deskundigheid, selfs op gesondheidsgebied, nie ’n waarborg is vir sukses in dié bedryf nie, en hoekom ’n brandende begeerte tot sukses  noodsaaklik is.

Vind uit hoe om vir jou mense ’n konkrete, doeltreffende werksplan te gee om te bereik wat hulle wil bereik.

In hierdie artikel sal jy statistiese bewyse kry van die enorme groeipotensiaal wat moontlik is as jy die duplikasieproses suksesvol kan toepas.

Besware is gewoonlik die resultaat as mense ’n te selfgesentreerde benadering het. Hieride artikel beskryf die beste manier om te voorkom dat jy in dié strik trap, en verskaf moontlike antwoorde op ’n bepaalde reeks besware wat te doen het met die prys van die produkte.

Is dit makliker of beter om 1000 vennote te hê wat skaars hulle minimum verpligtinge per maand kan nakom en dalk dikwels nie hulle kant gaan bring nie as 1000 uitgesoekte vennote wat onderneem om elke maand baie meer as die minimum te doen. Die antwoord op dié vraag is nogal verrassend.

 Dié artikel sal jou in staat stel om planne uit te werk wat by spesifieke mense se besondere behoeftes sal aanpas, en almal sal help om geleidelik al hoër inkomste-mikpunte te bereik. Die inhoud is tegnies en gaan ’n bietjie konsentrasie verg, maar dis inligting en kennis wat vir ’n leier noodsaaklik is.

As ’n mens nie maandeliks minstens een nuwe vennoot self kan werf vir jou besigheid nie, kan die wonderlikste besigheidsmodel wat nog ooit ontwerp is net mooi niks vir jou doen nie. In omtrent al wat ’n handboek is, word dié cliché oor en oor gebruik: “Recruiting is the lifeblood of your business”. Die probleem vir die meeste mense is hoe om te “recruit” sonder om jou aan mense op te dring.

Aan prysverhogings kan jy niks doen nie – behalwe as jy ’n besigheidseienaar is in die enigste industrie waar prysverhogings nie saak maak nie. Vind hier uit hoe jy as besigheidseienaar eintlik perfek geposisioneer is om prysverhogings wat jou besigheid raak, tot jou eie voordeel te benut.

 

Sal binnekort beskikbaar wees

  • ’n Vergelyking van Besigheidstrukture   

                                             

  • Groei teenoor Risiko in jou besigheid  

                                                  

  • Implikasies van die vennootskapsidee  

                                                  

  • Groei, stagneer, of bloei jou besigheid dood?   

                      

  • Volg ’n bewese suksesresep   

______________________________________________                                                                  

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s