Energie en Gesondheid Nuusbrief 1

Dis ’n geleentheid hierdie vir my huidige en vorige Sportronvennote, om my nuwe nuusbrief oor “Energie en Gesondheid” te ontvang.

Al wat jy moet doen om die weeklikse nuusbriewe te ontvang, is om jou naam en e-posadres te stuur aan antok@axxess.co.za. (Die “Subscribe”-blok hier regs is om in te teken op die blog. Dis nie om die nuusbriewe te kan ontvang nie.)

Dit mag wees dat ek ‘n e-posadres vir jou het, en dat jy dus reeds van die nuusbriewe begin ontvang het. In daardie geval hoef jy niks te doen, behalwe om die nuusbriewe te geniet nie. (Indien jy om een of ander rede nie die inligting wil hê nie, is daar onder aan elke brief ‘n “unsubscribe”-skakel waarop jy net kan klik en jy sal nie verdere briewe kry nie.)

Hier onder is ’n paar uittreksels uit die eerste nuusbrief net sodat jy dit maklik sal uitken in jou “inbox”. Soms gebeur dit dat spesifieke rekenaar- of internetstelsels e-posse wat nie die gewone briefformaat het nie in allerhande snaakse lêers laat beland … selfs in “junk mail” of “spam folders”.

So, as jy gevra het vir die nuusbriewe en niks daag by jou op nie, dan weet jy minstens hoe lyk die nuusbrief waarna jy moet soek.

OPVOLG 1 Gesondheidsnuusbrief OPSKRIF

Dis wat genoem word ’n “screenshot” van die eerste deel van die die eerste nuusbrief.

In die smal kolom aan die linkerkant (onder die foto van ek en my vrou) sê ek wie ons is en wat ons konneksie met jou is deur Sportron.

 

 

Al die briewe kom van my af maar via ‘n Amerikaanse diensverskaffer AWeber. So jy sal dié naam ook êrens bo-aan die nuusbrief se opskrif sien langs my naam. Die maatskappy is een van die mees betroubare diensverskaffers van dié soort en hulle stuur dienuusbriewe uit met gereelde tussenposes … aanvanklik 7 dae en later elke 14 dae.

 

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s