Energie en Gesondheid

Dis ’n geleentheid hierdie vir lesers van dié blog, maar veral vir my huidige en vorige Sportronvennote, om my nuwe nuusbrief oor “Energie en Gesondheid” te ontvang.

Al wat jy moet doen om die weeklikse nuusbriewe te ontvang, is om jou naam en e-posadres te stuur aan antok@axxess.co.za. (Die “Subscribe”-blok hier regs is om in te teken op die blog. Dis nie om die nuusbriewe te kan ontvang nie.)

Dit mag wees dat ek ‘n e-posadres vir jou het, en dat jy dus reeds van die nuusbriewe begin ontvang het. In daardie geval hoef jy niks te doen, behalwe om die nuusbriewe te geniet nie. (Indien jy om een of ander rede nie die inligting wil hê nie, is daar onder aan elke brief ‘n “unsubscribe”-skakel waarop jy net kan klik en jy sal nie verdere briewe kry nie.)

Hier onder is ’n paar uittreksels uit die eerste nuusbrief net sodat jy dit maklik sal uitken in jou “inbox”. Soms gebeur dit dat spesifieke rekenaar- of internetstelsels e-posse wat nie die gewone briefformaat het nie in allerhande snaakse lêers laat beland … selfs in “junk mail” of “spam folders”.

So, as jy gevra het vir die nuusbriewe en niks daag by jou op nie, dan weet jy minstens hoe lyk die nuusbrief waarna jy moet soek.

AWeber Afr 1

 

Dis wat genoem word ’n “screenshot” van die eerste deel van die die eerste nuusbrief.

In die smal kolom aan die linkerkant (onder die foto van ek en my vrou) sê ek wie ons is en wat ons konneksie met jou is deur Sportron.

Terloops die “Hallo {firstname_fix}” in die voorbeeld mag snaaks lyk. Maar dis omdat dieselfde brief terselfdertyd aan ’n groot aantal mense gestuur word. Die afsender is AWeber, een van die betroubaarste diensverskaffers van dié soort ter wêreld.

Hulle neem bloot jou naam uit die lys wat ek verskaf en sit dit in die plek van {firstname_fix} om die brief ’n meer persoonlike karakter te gee.

Die afdeling aan die linkerkant sal later as ’n soort inleiding vir die onderwerp van week funksioneer.

Die hoofkwessie waarop jy vroeg reeds ’n antwoord sal kry is hoekom siektes ontstaan en hoekom hulle later kroniese, selfs lewensbedreigende siektes word.

Hier is nog ’n uittreksel uit die eerste nuusbrief.

AWeber Afr 2

 

Die opskrifte hieronder van nuusbriewe 2 tot 8 behoort jou ’n duideliker idee te gee van wat jy kan verwag:

 

Die verband tussen kos en gesondheid

Jy kan jou eie liggaam hernu

Hoe grond en kos ons moderne terminale siektes geskep het

Hoe belangrik jou mangels en jou blindederm is vir jou algemene gesondheid.

Jou energievlakke bepaal jou fisiese welsyn

Hoekom ons so kwesbaar sal wees in ’n nuwe epidemie

Die gevolge van mediese kits-oplossings

 

Daar sal ook nuusbriewe wees wat sal fokus op kindergesondheid, byvoorbeeld, alternatiewe oplossings vir hiperaktiwiteit en konsentrasieprobleme, allergië en baie meer.

Van die ander nuusbriewe sal gaan oor die voorkoming van spesifieke lewensbedreigende siektes soos kanker, hartsiektes, osteoporose, artritis, en diabetis om ’n paar te noem.

Nog ‘n belangrike onderwerp is ons spysverteringstelsel as die area waar ons immuunsisteme ontstaan. Hier is ‘n uittreksel uit die nuusbrief wat spesifiek daaroor gaan.

AWeber Afr 5

En jy sal ook kan uitvind hoekom dit moontlik behoort te wees om veroudering en selfs skade aan, byvoorbeeld, organe om te keer. Maar dan sal dit nodig wees om alles in ons lewens in perfekte balans reg te kry.

Dis waaroor die nuusbrief gaan waaruit die volgende uitreksel kom.

AWeber Afr 3

 

So, stuur gerus jou e-pos met jou naam en e-posadres aan: antok@axxess.co.za.

 

 

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s