Agtergrond

Hoe ek as outydse skeptikus uiteindelik die lig gesien het!

Dis die verhaal van ons, ek en my vrou, Antoinette, as ’n jong egpaar, en ’n sisteem wat ons gered het van wat vandag ’n misrabele gesukkel om te oorleef kon gewees het. Dis ’n sisteem wat dit moontlik maak om ’n volhoubare passiewe inkomste tot stand te bring wat net aanhou groei.

Aanvanklik was ek erg skepties. Ek kon nie glo dat dit vir ’n gewone werkende persoon so eenvoudig kon wees om ’n besigheid te ontwikkel nie.

Ek het opgegroei in ’n era toe finansiële sekuriteit alles was, en toe skool- en universiteitskwalifikasies noodsaaklike waarborge was vir ’n soliede loopbaan en salaris. Niks anders is as realisties beskou nie.

Dus, 20 jaar gelede was ek “old school” in my opvattings dat massiewe finansiële groei net moontlik was met gepaardgaande massiewe risiko. ’n Besigheid wat massiewe groei sonder enige risiko kon oplewer was dus ’n logiese onmoontlikheid.

Gelukkig het ek ’n vrou wat nie altyd na my luister nie. En toe sy met dié risiko-vrye besigheid skouspelagtige inkomste-resultate begin kry, het my sienswyses vinnig begin verander.

So, dis eintlik Antoinette se verhaal oor hoe sy teen my “wyse” raad in met die besigheid begin het.

Een van die ondankbaarste soorte werk is dalk dié van ’n ma en huisvrou. Dis wat Antoinette besluit het sy wil wees toe ons met ’n gesin begin het.

Sy het haar voltydse werk gelos om ma en huisvrou te wees wat toe ook ekstra geld probeer verdien het deur vir ’n tuisnywerheid te begin bak. Nie ’n goeie idee nie!!

Vir ’n hele klompie jare het sy elke oggend 4-uur opgestaan en selde saans voor 11-uur gaan slaap. Dit het ’n sieldodende groef begin word waarin sy elke maand omtrent al haar inkomste moes gebruik om voorraad te koop vir die volgende maand. Maar sy wou van die huis af werk ter wille van ons kinders.

Die werk en die stres wat daarmee saamgegaan het, het ook sy gesondheidstol begin eis. My immuunsisteem was nog altyd power, maar nou het ek regtig ernstige siekte-ellendes begin opdoen, en selfs artritispyne op die koop toe.

Dit was nie lekker tye nie. Maar genadiglik het iemand haar eendag van dié besigheidsgeleentheid vertel waarin ’n mens sonder baie uitgawes en risiko-vry ’n passiewe inkomste kon ontwikkel.

Antoinette het byna oornag weer ’n pragtige, energieke, entoesiastiese jong vrou geword met nuwe doelwitte vir die lewe – en ’n brandende begeerte om haarself te bewys!

Dit was nie baie jare later nie toe ek eendag, wat ’n mens kan noem, ’n ontwaking gehad het. Ons was besig om na uitdrukke van haar besigheid te kyk toe ek skielik besef sy het in minder as 10 jaar gevorder van R0 per maand na meer as wat ek, met 25 jaar se ondervinding, verdien het in ’n hoogsbetaalde voltydse werk!

Soos hulle in Engels sê: “this was when the penny dropped for me”. Ek het skielik besef ons het iets besonders hier beet en ek beter dit ernstig begin opneem.

Gelukkig het ek teen daardie tyd reeds deeltyds haar besigheidvennoot geword – om haar te help, maar ook my eie gesondheidsprodukte verniet uit die besigheid te kry.

Intussen het nog iets buitengewoons gebeur: ek het nie meer siek geword nie – geen artritis-ellendes nie, niks griep of verkoues nie! En dit was vir Antoinette en die kinders presies dieselfde.

Die verstommende was dat ek letterlik deur die besigheid betaal is om gesond te bly deur die FoodState gesondheidsprodukte te gebruik – en vir die bietjie “word-of-mouth” promosie wat ek gedoen het.

En die beste is: ek word nog steeds elke maand betaal vir promosiewerk wat ek al meer as 10 jaar gelede gedoen het! En ek doen dit nog steeds want dis so maklik soos om vir ander mense te vertel van die fliek wat ek die vorige aand gesien het. Hoe jammer daar is geen manier hoe ek daarvoor betaal kan word nie!

 _________________________________

Vir meer inligting: Okkie Venter

antok@axxess.co.za

Sel: +27 (0)83 289 2839

Blairgowrie, Randburg, Gauteng, Suid-Afrika

 __________________________________

Die Lewenstyl van JOU Keuse

Dié blog word gewy aan die moontlikheid wat elkeen van ons het om die lewenstyl van ons keuse te kan geniet.

Vir party van ons mag dit bloot meer fleksietyd beteken om, byvoorbeeld, meer kwaliteit-tyd te geniet saam met jou gesin. Vir iemand anders kan dit volkome gesondheid wees en die lewenskwaliteit wat daarmee saamgaan; terwyl nog iemand anders die lewenstyl soek wat net moontlik kan wees met ’n heelwat groter inkomste as waaraan hulle gewoond is.

Die moontlikheid van ’n lewenstyl wat nie net een nie, maar minstens aldrie bogenoemde keuses insluit, bestaan vir elkeen van ons. Maar dis net bereikbaar as jy bereid is om aksie te neem en die dinge te doen wat nodig is.

Die probleem is dat die meeste van ons nie ’n idee het van wat nodig is om ons lewenstyl-ideale te verwesenlik nie. Die meeste van ons besef byvoorbeeld nie watter ongelooflike rol ons eie onderbewustelike denkpatrone speel om ons te hou waar ons is nie.

Dis waar dié blog sal kan help want dit verskaf nie net inligting oor ’n spesifieke sisteem, ’n spesifieke besigheidsmodel, wat jou sal kan help om die lewenstyl van jou keuse moontlik te maak nie, maar dis veral ook gemik op wat gewone mense kan doen om hulle denkpatrone aan te pas en soos welvarende, suksesvolle mense te begin dink en doen.

Om ons denkpatrone te verander is vir die meeste van ons die eerste ding wat ons sal moet doen om die inkomste te kan genereer wat die lewenstyl van ons keuse sal moontlik maak, en dan terselfdertyd ook die gesondheid te kan hê om die nuwe, opwindende lewenstyl ten volle te geniet.

_______________________________________

 ’n Roete na finansiële en fisiese welsyn

Hierdie  webblad bevat gespesialiseerde inligting oor gesondheid, entrepreneurskap, finansies en ander verwante onderwerpe.

Die meeste van die artikels word deur ’n wagwoord beskerm. Subskripsie om die wagwoorde te kry is gratis.

Wanneer jy inteken deur te klik op “Subscribe” (bo regs op elke bladsy) sal jy binne minute al die wagwoorde ontvang.

Dié webblad is vir mense wat ernstig daaroor dink, of wat reeds besluit het, om verantwoordelikheid te neem vir hulle eie toekoms en om self iets te doen om die lewenstyl van hulle keuse moontlik te maak.

Die afdeling “Voordele” is ’n inleidende afdeling met kort artikels oor die voordele van ‘n besigheidsmodel wat toeganklik is vir enige iemand. Die inleiding tot die reeks is op die tuisblad onder die titel ‘n “Werk” waar jy in beheer kan wees.

Die opsommings van ‘n paar artikels op die tuisblad van die blog verskaf ’n bietjie meer inligting om jou te help besluit of jy verder sal wil ondersoek instel deur gratis op hierdie blog in te teken.    

Wanneer jy besluit het dat jy dié opwindende roete na finansiële en fisiese welsyn en lewenskwaliteit verder wil ondersoek, en jy besluit om in te teken, sal jy binne minute toegang kry tot die res van dié blog.

En omdat jy die eerste tree  gegee het op pad na die lewenstyl van jou keuse, wag daar ‘n verrassing (nog ‘n gratis aanbod ) op jou, so gou jy ingeteken het.

_____________________________________

“Neem besit van jou tyd, jou gesondheid en jou toekoms”

____________________________________

Vir meer inligting: Okkie Venter

antok@axxess.co.za

Sel: +27 (0)83 289 2839

Blairgowrie, Randburg, Gauteng, Suid-Afrika

____________________________________

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s