Hoe om oorsee vakansie te hou en betaal te word daarvoor.

In sy boek “You can have an AMAZING LIFE in just 60 days!” skryf  Dr John Demartini oor die kwaliteit van die vrae wat jou kan help om dit waarna jy soek in die lewe te verwesenlik.

As ’n mens graag oorsee wil toer na droom-bestemmings soos, sê maar, Asië, is die eerste vraag wat by ’n mens opkom: “Hoe sal ek dit ooit kan bekostig?”

Dis volgens Dr Demartini nie die beste vraag wat ’n mens kan vra nie “because it limits you to the scarcity mindset and the lack you experience”.

’n Baie voordeliger vraag sou wees: “Hoe kan ek daar gaan vakansie hou en betaal word daarvoor?”

Dis die denkwyse van oorvloed … wat finansiële vergoeding om jou lewe te geniet moontlik maak.

Elk van die opsies hierbo lei volgens Dr Demartini tot verskillende resultate “because your life moves in relation to the quality of your questions.”

As ’n mens nog relatief jonk en sonder gesinsverantwoordelikhed is, kan die antwoord op die tweede vraag hierbo wees om, byvoorbeeld, werk op  ’n toeriste-passasiersboot te vind, of om ’n loopbaan as lugwaardin te begin.

Maar as jy reeds verantwoordelikhede het, ’n loopbaan en ’n gesin om voor te sorg, sal jy aan ander oplossings kan dink.

Jy sou, byvoorbeeld, ’n werk kan kies waar jy in die buiteland gestasioneer kan wees, of jy kan ’n werk kies waar daar reis-aanmoedigingspakette aangebied word.

Dis, byvoorbeeld, die soort aanmoediging wat netwerk-bemarkingsmaatskappye gewoonlik aanbied: gratis toere na droom-bestemmings vir vennote wat sekere mikpunte  in ’n bepaalde periode bereik.

As jy dié teikens bereik, beteken dit ook dat jy jou eie besigheid se passiewe inkomstebasis dramaties vergroot het.

Dan het jy vanselfsprekend meer geld beskikbaar om jou eie ekstra toere te reël. En terwyl jy so met vakansie is, besig om te ontspan, verdien jy nog steeds ’n maandelikse passiewe inkomste.

So, as jou droom is om die wêreld te sien en na eksotiese bestemmings te reis sonder om daarvoor te betaal, maar jy het geen idee hoe dit moontlik kan wees nie, kan jy by dié webbladskakel: www.okkieventer.com gaan kers opsteek oor hoe om die proses aan die gang te kry wat jou een keer ’n jaar op ’n welverdiende gratis vakansie oorsee  kan laat vertrek.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s