’n “Werk” waar jy in beheer kan wees

Die grootste behoefte by die meeste mense deesdae is om genoeg geld te hê om gemaklik te kan lewe – of nog beter, om genoeg te hê en dit in goeie gesondheid te kan geniet.

Omdat die meeste van ons geseën is met oorvloedige gesondheid terwyl ons nog jonk is, dink ons nooit regtig daaraan nie – totdat ons kroniese siektes ontwikkel. Dan maak dit nie eintlik saak hoeveel geld daar is nie – jy kan dit in elk geval nie self geniet nie.

Dis hoekom ’n gesprek oor ’n “werk” waar jy in beheer kan wees en soveel kan verdien as wat jy wil hê, ook die noodsaaklikheid van goeie gesondheid in ag moet neem. As die gesondheid buite beheer is, is die “werk” waar jy in beheer kan wees eintlik betekenisloos.

Die drie of vier artikels wat vryelik beskikbaar is op dié webblad gee daarom ’n inleiding nie net in die “geheime” van welvaartskepping nie, maar ook in die “geheime” van hoe om goeie gesondheid te handhaaf, geleidelik en met grasie ouer te  word, vry van siektes, en vol energie en vitaliteit. Klik hier om die eerste van dié gesondheidsartikels te lees.

______________________________________________________

Hoekom soek die meeste van ons ’n werk?

Die resep vir finansiële vryheid vereis drie essensiële bestanddele – basies drie vaardighede: jy het sekere vaardighede nodig om in die eerste plek welvaart te skep; dan die vaardigheid om jou rykdom te bewaar en dit te gebruik op ’n manier wat meer rykdom kan skep.

Die gebrek aan dié vaardighede is eintlik die dilemma vir die meeste van ons.

So die maklikste alternatief is ’n gerieflike “veilige” werk.

Die probleem is geen normale werk is veilig nie. Selfs as jy vir jouself werk, is jy nie veilig nie. Dan is jy dalk eers nie veilig nie.

En nog ’n deel van die probleem is hoe om (terwyl jy nog ’n werk het) die vaardighede te leer waarmee jy die geld wat jy verdien kan gebruik om ekstra geld te genereer.

Hoe ek dié dilemma te bowe gekom het  

 Toe ek 20 jaar gelede bewus geword het van dié dilemma het ek begin soek na ’n manier om die vaardighede te leer. Dit moes ’n manier wees waar ek terselfdertyd kon begin om meer inkomste te verdien en ook die vaardighede in te oefen – selfs op ’n deeltydse basis.  

Wel, om eerlik te wees, ek het destyds ook gedink ek soek die onmoontlike. Maar dit was toe nie so onmoontlik nie!

Deesdae kan ek nie wag om soggens aan die gang te kom nie, omdat ek besig is om om die finansiële vryheid en die tydvryheid te bou waaroor ek nog altyd gedroom het.

Hierdie webblad gaan oor dié soektog, en die kennis wat ek oor die periode van 20 jaar versamel het, en hoe radikaal ek my denkpatrone moes verander om die oorgang te maak van werknemer na besigheidseienaar.

Jy sal hier al die agtergrond kry, en die kennis, en uiteindelik ook die besigheidstrategie wat ek gevind het die meeste voordele inhou vir mense soos ekself wat geen van die vereiste vaardighede gehad het nie.

Vir my was die verandering van denkwyse wat nodig was en die aanleer van “finansiële intelligensie” waarskynlik die grootste  uitdaging op dié lang reis. Dis hoekom die webblad heel eerste daarop konsentreer.

Daarna fokus dit op ’n paar basiese besigheidsbeginsels wat vir my destyds nogal ’n leerkurwe was, alhoewel die konsepte eintlik so logies en eenvoudig is.

En uiteindelik, in die laaste paar items van die reeks, kyk ons na die spesifieke besigheidsmodel waarna ek hierbo verwys het.

Finansiële intelligensie

Ek dink nie ek het die werknemersdilemma waarna hierbo verwys is, en die oplossing daarvoor al so duidelik en eenvoudig verduidelik gesien as in die volgende video waarin Robert Kiyosaki, skrywer van die beroemde boek, “Rich Dad, Poor Dad”, praat oor finansiële intelligensie.

Wat hy eintlik hier beskryf, is ’n “werk” waarin net jy jouself kan ontslaan. Niemand anders kan nie. Dis, in teenstelling met ’n normale werk, ’n “werk” waar jy jouself kan bevry deur die vereiste rykdom te skep  terwyl jy die vaardighede leer om die rykdom te bewaar  en op so ’n manier aan te wend dat dit nog meer inkomste skep.

Al wat Kiyosaki nie doen nie, is om die strategie te verduidelik wat hy aanbeveel om die vaardighede aan te leer op so ’n manier dat jy self ook daardie vaardighede kan toepas.

Maar soos ek vroeër gesê het, dis juis waaroor dié webblad en spesifiek die afdeling “Voordele” gaan.

Die 8 modules waaruit die afdeling bestaan, sal vir jou die nodige agtergrond gee om te kan besluit op

  • die mees risiko-vrye manier om ’n eie besigheid te begin
  • om dit selfs deeltyds te begin – en nog voor jy die nodige vaardighede aangeleer het,
  • met minimale kapitale uitleg en oorhoofse kostes,
  • in ’n mark wat die grootste groeipotensiaal bied,
  • met unieke, hoë-gehalte produkte wat vir daardie mark nodig is,
  • plus die sisteem wat gratis opleiding bied,
  • en die inkomste-potensiaal van jou keuse.

Al bogenoemde elemente is essensieel vir ’n suksesvolle besigheid, mits ’n mens die nodige besigheidsvaardighede het of dit kan aanleer. Laasgenoemde aspek is die doel van die res van hierdie webblad.

Klik hier  om meer te lees oor die drie “suksespilare” waarop ‘n suksesvolle eie besigheid gebaseer moet wees. 

Hoe om toegang tot die verskillende modules te kry

Hierdie webblad bevat eerstens ’n basiese, inleidende kort kursus (onder die opskrif “Voordele”) wat uit 8 verskillende modules bestaan.

Die grootste deel van die res van die webblad is meer gespesialiseerd en die inligting sal eers van toepassing wees wanneer ’n mens die “Voordele”-kursus deurgewerk het.

Toegang tot die “Voordele”-kursus, is dus heeltemal gratis vir intekenaars op hierdie webblad

Aan die einde van die 8 modules word verduidelik hoe intekenaars ook gratis toegang kan kry tot die gevorderde kursus wat daarna beskikbaar is.

Om nou in te teken is heeltemal gratis.

Dis ook vinnig en maklik.

Klik eenvoudig op die “Subscribe Now” blokkie bo regs op hierdie blad en volg die aanwysings.

Jy sal binne minute die wagwoord ontvang vir die eerste module van die “Voordele”- kursus, “’n Brug na voorspoed”.

En dis nie al nie: jy sal ook die wagwoord kry vir ’n insiggewende artikel oor die rol wat ons onderbewuste speel om ons in die lewe te laat ”wen” of te laat “verloor” – tensy ons dié deel van ons bestaan kan leer “bestuur”.

As jy enige probleme ervaar om in te teken, stuur asseblief ’n e-pos na antok@axxess.co.za.

Mag dié reeks artikels, en van die videos daarin, jou ook inspireer en vir jou die deur oopmaak na ’n  toekoms van vryheid en voorspoed.

__________________________________________________________

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s