‘n Kort Voorskou

Van die artikels in dié blog is vryelik beskikbaar, maar die meeste is net vir intekenaars beskikbaar. Dit kos niks om in te teken nie en jy sal byna dadelik deur middel van wagwoorde toegang kry tot sekere gedeeltes van die webblad. Hier onder is opsommings van ’n paar voorbeelde van die soort inligting wat jy sal kry en wat jou kan toerus om te begin om jou geld vir jou te laat werk. ____________________________________

Klik op die volgende titels om meer uit te vind

____________________________________

Drie voorvereistes vir ’n suksesvolle eie besigheid

Hierdie webblad is spesifiek ontwerp om mense te help wat ’n eie besigheid, of ’n tuisbesigheid wil begin, maar nie weet waar om te begin nie en wat dalk ook nie die nodige vaardighede het nie. Vaardighede kan aangeleer word. En dis waaroor dit in dié webblad gaan. Die artikel “Drie voorvereistes vir ’n suksesvolle eie besigheid” is ’n basiese inleiding en sal jou hopelik aanmoedig om voort te gaan met jou soektog en hierdie webblad te gebruik as jou inligtings- en opleidingsbasis. Die artikel (klik bloot die titel hierbo om dit te kan lees) ontleed drie noodsaaklike vereistes wat in plek moet wees voor jy ’n nuwe besigheid begin. Heel eerste moet jy baie goed nadink oor die uniekheid van die oplossing wat jy aan die mark gaan aanbied; en of die probleem waarvoor die oplossing bedoel is regtig vir genoeg mense ’n groot genoeg probleem is. Maar om dié beoordeling te kan doen, veronderstel sekere vaardighede wat jy as besigheidseienaar moet hê om suksesvol te kan wees. As enige van die drie elemente afwesig is, soek jy dalk moeilikheid – tensy jy toegang het tot ’n spesifieke besigheidsisteem wat jou met aldrie bogenoemde vereistes kan help. Daaroor kan jy meer uitvind by: www.okkieventer.com In die res van dié blog waarop jy gratis kan inteken word daar in baie meer diepte op heelwat meer aspekte van ’n eie besigheid ingegaan.   Klik eenvoudig op die “subscribe” simbool bo regs op dié blad en volg die paar maklike stappe.  Selfs al voel jy in dié stadium jy is nog nie heeltemal reg vir die “groot stap” om ‘n eie besigheid te begin nie, sal die gratis subskripsie jou minstens help om in voeling te bly en die inligting te kry wat die motivering sal verskaf om te begin, wanneer jy voel jy is gereed. ______________________________________

Hoekom verouder ons en word ons al krankliker

Degeneratiewe siektes en liggaamlike agteruitgang ontwikkel geleidelik, onopsigtelik, oor baie jare terwyl ons aanhou om die tekens te ignoreer dat ons nie meer so gesond is as wat ons voorheen was nie. Die meeste van ons voel als is reg totdat ’n mediese ondersoek eendag wys daar is ’n kwaadaardige gewas êrens in ons liggaam, of ons het ongemerk diabeties geraak, of  “verkalkte” are noodsaak ’n ope-hartoperasie. Deskundiges stem al hoe meer saam dat die kos wat ons daagliks eet en ons lewenstylkeuses ’n groot rol speel in dié soort agteruitgang. Klik hier om die volle artikel te lees. ______________________________________

Die ware doel van rykdom

John D. Rockefeller

Die filosofie van die meeste van die ou generasie entrepreneurs word waarskynlik die beste opgesom deur een van hulle, John Rockefeller, wat een keer oor die ideaal om ryk te wees, gesê het: “If your only goal is to become rich, you will never achieve it”. Wat hy daarmee bedoel het, was dat daar ’n hoër doel moet wees as om self bloot net so ryk as moontlik te word. Klik om meer te lees. ____________________________________

Bly Langer Jonk

Hoekom bly party mense langer jonk as ander? Daar is baie goeie redes daarvoor en in ‘n groot mate het dit te doen met wat mense elke dag eet, en nie eet nie. Dié artikel neem jou as’t ware tot binne-in die “fabriek” waar jou liggaamselle vervaardig word om vir jou te wys hoe belangrik die grondstowwe is waaruit jou selle gemaak word, en hoe die beskikbaarheid van daardie grondstowwe bepaal hoe doetreffend nuwe selle geproduseer word, en dus uiteindelik hoe vinnig of stadig jy ouer word. Die goeie nuus is dat dié “grondstowwe” outomaties tot jou beskikking is as jy besluit om die  besigheidsopsie te kies wat in die artikels op dié webblad beskryf word. Dié besondere artikel is deel van ‘n reeks artikels in die afdeling “Voordele” waar ‘n spesifieke wagwoord nodig sal wees. Sien die einde van die openingsartikel (‘n ‘Werk’ waar jy in beheer kan wees) bo aan die tuisblad om die wagwoord vir die eerste artikel van die reeks te kry wat jou al gaande sal uitbring by die volle weergawe van dié artikel. Of teken in en kry dadelik die wagwoord vir dié spesifieke artikel, plus ‘n besondere video (‘n gratis bonus) wat jy nie sal wil misloop nie. _____________________________________

Hoe om gemaklik vroeg af te tree

Om deesdae op ’n pensioen staat te maak is om dun ys te beweeg. Dis nie net die stygende lewenskoste wat aanhoudend die waarde van die pensioen laat wegkalwe nie. Daar is ook die onsekerheid of pensioenfondse die aanslag gaan oorleef  wanneer miljoene sogenaamde “baby boomers” (die mense wat net na die 2de Wêreldoorlog gebore is) binne die volgende paar jaar hulle aftree-ouderdom bereik. Maar as jy die fenomenale potensiaal van “the business of the 21st century” gebruik (dis wat Kiyosaki en Donald Trump die besigheidsmodel noem wat volgens hulle vir gewone werkende mense die voordele kan bring van ‘n eie besigheid) kan jy heelwat meer genereer as wat jou pensioen werd gaan wees. (Die artikel is deel van ‘n reeks artikels in die afdeling “Voordele” waar ‘n spesifieke wagwoord nodig sal wees. Sien die einde van die openingsartikel (‘n ‘Werk’ waar jy in beheer kan wees) bo aan die tuisblad om die wagwoord vir die eerste artikel van die reeks te kry.) ____________________________________

’n  Gratis oorsese vakansie is binne jou bereik

Jou hotel in Bali

In September of Oktober elke jaar kan jy deel wees van ’n groep wat op ‘n internasionale maatskappy se koste na eksotoese oorsese bestemmings vertrek … plekke soos die Indonesiese eiland Bali. Dié toere gaan gewoonlik na van die gewildste toeriste-oorde vir avonturiers wat geheimsinnige ou kulture wil ondersoek, of vir mense wat net vir ’n paar dae wil ontspan en bederf word. As laasgenoemde jou motivering is, is ‘n plek soos die 5-ster Grand Mirage-oord en -spa in Balie net die plek daarvoor. Klik hier om meer te sien en te lees. ________________________________________________

Die mag van jou onderbewuste

In sy boek Rich Dad’s Guide to Increase your Financial IQ skryf Robert Kiyosaki oor die houvas wat ’n mens se onderbewuste op jou het. Hy visualiseer hierdie see van onderbewuste vrese, indrukke, begeertes, griewe ensovoorts as iets waarop die prosesse van jou linker- en regterbrein ronddryf soos hulpelose klein bootjies. Hoe beïnvloed dit die manier waarop ons lewens ontwikkel – byvoorbeeld, hoe beïnvloed ons onderbewustelike opvattings oor “geld” en oor ons eie vermoëns dit wat met ons gebeur op ons lewenspad? Dié onderbewuste prosesse kan jou vermoë in, byvoorbeeld, ’n besigheidsonderneming heeltemal in die wiele ry. Dit verklaar ook hoekom sommige mense byna moeiteloos kan ryk word terwyl ander net eenvoudig nie die mas opkom nie en bly sukkel. Nog ’n vraag wat in die artikel beantwoord word, is hoe jy kan vasstel wat jou basiese onbewustelike opvattings is, en hoe jy daardie opvattings kan verbeter of verander om jou ’n kans te gee om te “wen”. Teken nou in bo regs op hierdie blad, dis heeltemal gratis, en kry die wagwoord vir dié artikel binne minute. __________________________________________________

Voorkoming van Hartsiektes

Die twee grootste bekommernisse wat die meeste mense het, gaan hoofsaaklik oor hulle finansiële omstandighede en hulle gesondheid – veral die vrees vir terminale siektes soos hartkwale en kanker. Dit is hoekom dié webblad nie net oor besigheid gaan nie, maar veral ook oor gesondheid, want dié besigheidsmodel wat hier ter sprake is, is absoluut geanker in wat die ekonoom en skrywer Paul Zane Pilzer beskyf het as die “new trillion dollar industry”, die gesondheidsbedryf. As ’n mens na die statitiek kyk van hoe dramaties net hartkwale alleen die afgelope eeu toegeneem het as een van die belangrikste oorsake van sterftes in die 21ste eeu, is dit duidelik hoekom die gesondheidsbedryf vandag so ’n magtige bedryf is. Dit is ook wat dit so moeilik maak om te glo dat die oplossing eintlik so eenvoudig is, mits dit ’n lewenstyl-oplossing is – ’n verandering wat nie net vir ’n week lank of ’n maand lank volgehou kan word nie, maar ’n lewenswyse moet word. En dié verandering het net soveel te doen met wat jy, byvoorbeeld, uit jou dieet moet verwyder as met wat jy moet byvoeg – veral met wat jy moet byvoeg! In dié artikel word, byvoorbeeld, verduidelik hoe twee redelik onbekende voedingstowwe wat ons elke dag behoort in te kry eintlik die essensiële bestanddele is vir ’n gesonde hartvatstelsel later in ’n mens se lewe… AS  jy op ‘n gereelde basis genoeg daarvan inkry en in die regte formaat. Ongelukkig bevat die standaard dieet van verreweg die meeste mense min indien enige spoor van dié besondere voedingstowwe – en as dit kunsmatig bygevoeg word, is dit in 90% van alle gevalle nie in die regte formaat nie. Teken nou in (bo regs op dié blad) of stuur ’n epos aan antok@axxess.co.za om toegang te kry tot dié belangrike inligting, veral belangrik vir enige iemand wat ’n familiegeskiedenis het van hartkwale, of vir enige iemand wie se leefstyl hom of haar ’n hartkwaal-kandidaat maak. Kry terselfdertyd gratis toegang tot ’n kort video wat die unieke “formaat” beskryf  waarin die voedingstowwe moet wees voordat dit behoorlik deur jou liggaam benut kan word. So gou jy die wagwoord het, sal jy ook kan lees oor “slegte” en “goeie” kolesterol, en waarom ’n algehele oorlog teen alle kolesterol dus problematies kan wees. Teken nou in. Dis maklik en jy sal binne minute die inligting kry wat jy nodig het – plus jy kry ’n  geleentheid om jou vlak van gesondheid gratis te toets. Dié toets kan met redelike akkuraatheid bepaal watter van jou liggamsisteme is onder druk en benodig dalk dringende ondersteuning. Dié toets gee vir jou terugvoer oor elk van jou liggaam se 9 sisteme, onder andere jou immuunsisteem, respiratoriese sisteem en jou bloedsomloopsisteem. ________________________________________________ Selfs al voel jy jy is nie nou heeltemal gereed vir die eie besigheids-opsie nie, is hierdie gratis subskripsie minstens ‘n manier om in voeling te bly en intussen die inligting te kry wat dalk net die verandering van denke kan meebring en die motivering kan verskaf om wanneer jy gereed is die bul by die horings te pak. ________________________________________________

One thought on “‘n Kort Voorskou

  1. Okkie, baie dankie vir die tyd wat jy in my bele^ het. Met jou toestemming en wanneer al die video’s waarna jy verwys in plek is, sal ek graag hierdie materiaal vir opleidingsdoeleindes in die toekoms wil gebruik. Ek is so dankbaar dat dit in affikaans beskikbaar is. Groetnis, Ref

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s